Wat gebeur in jou brein as jy trauma ervaar?


Wat gebeur in jou brein as jy trauma ervaar? Watter dele van jou brein is betrokke by ‘n traumatiese ervaring en hoe verwerk jou brein dit?

In Wie is Ek? (Vrydag, 13 Julie) gesels Lise Swart met twee sielkundiges oor hierdie aspekte van trauma-ervaring en post traumatiese stress versteuring (PTSV).

Posttraumatiese stres en sekondêre posttraumatiese stres is ‘n realiteit, maar hoekom word sekere mense meer daardeur geraak as ander? Hoe kan jy voor die tyd weet hoe traumasensitief jy is? Hoekom is dit enigsins nodig om bewus te wees daarvan?

Enkele interessante feite

  • Drie dele van die brein is betrokke by die ervaring en verwerking van trauma, naamlik die amigdaloïed (die emosionele sentrum van die brein), die hippokampus, en die pre-frontale korteks voor in jou brein.
  • Met PTSV ervaar die persoon weke en maande later dieselfde emosies as tydens die traumatiese gebeurtenis.
  • Sêkondere PTSV is wanneer iemand naby aan die slagoffer van die oorspronklike trauma, ook anders begin optree, soos byvoorbeeld die vroue van soldate.
  • PTSV word ‘n probleem as dit die persoon se funksionering aantas.