Gedog ons son is groooot?


Kyk net hoe klein is die Aarde en ons son in vergelyking met ander planete:

1 Miljoen aardes kan in ons son inpas. En ons son is piepklein in vergelyking met ander groot sterre in die heelal.

Hoe groot is die sterre, mane, planete en sonne in die heeal? Die deursnit word vergelyk:


Die aarde se deursnit is sowat 13 000 km, Jupiter s’n is 140 000 km, ons son s’n 1,4 miljoen km, Arcturus s’n 36 miljoen km, Rigel 97 miljoen km, Betelgeuse 1300 miljoen km, VY Canis Majoris 2000 miljoen km, UY Scuti 2400 miljoen km, Die Swart Gat NGC 1277 is 60 000 miljoen km in deursnee, Die Swart Gat TON 618 se deursnit is 400 000 miljoen km, die Kat-oog nebula se deursnit is 250 000 000 miljoen km (0.25 ligjare), die Heliks nebula is 3 miljoen ligjare in deursnee, die Orion nebula is 24 ligjare in deursnee, Omega Centauri is 150 ligjare in deursnee, die Klein Magellaanse wolk is 7000 ligjare in deursnee, die Melkweg is 100 000 ligjare in deursnee, Ster IC 1101 is 6 miljoen ligjare in deursnee, Die Bootes Void is 250 miljoen ligjare in deursnee, die heelal is 150 000 miljoen ligjare in deursnee en groeiend.

Luister ook:
Wat is lig? Dis een van die tameletjies wat bespreek word.

‘n Luisteraar, Pieter Smith, wil weet of dit moontlik is dat ‘n maan ook ‘n maan kan hê.

En sterrekundiges het daarin geslaag om konveksievlekke op ‘n ander ster as ons son raak te sien. Heelwat inligting is beskikbaar oor die aktiwiteit van ons son, maar baie gevorderde optika word vereis om ‘n ander son aktiwiteit waar te neem.

Kundiges bespreek hierdie vrae in Sterre en Planete.