Wat word van hartoorplantings tydens en ná Covid-tyd?


Augustus is Orgaanskenkingsbewustheidsmaand. Maar in Suid-Afrika het orgaanoorplanting sedert die COVID-inperkings in Maart tot stilstand gekom. Tog het die pasiënte op die waglyste vir hart-, nier-, lewer- of ander oorplantings steeds skenkerorgane nodig. Wat word van dié pasiënte? Hoe sal dié programme, wat só afhanklik is van die publiek se samewerking, herrys?

Marí Hudson gesels met Dr Susan Vosloo, Kaapstadse hartchirurg met ‘n spesiale belangstelling in kinderhartchirurgie en hartoorplantings oor dié kwessies.