Weervoorspellings, -patrone en -toeps


Televisie-weervoorspeller en meteoroloog, Annette Botha, het handige wenke. Wat weertoepassings betref, deel sy haar beste-van lysie en sê ook wat sy al persoonlik by Suid-Afrikaanse boere oor die wisselende weerpatrone geleer het. Die saamstel van betroubare reënvoorspellings het ‘n interessante verloop. Annette verduidelik hoe die gebruik van tegnologie ingespan word om ons land se weer in ‘n verslag saam te stel.