Welkom aan RSG se nuwe programbestuurder


Dit is vir my aangenaam om julle mee te deel dat RSG se nuwe Programbestuurder Mnr Graig-Lee Vernon Smith is, skryf RSG se Sakebestuurder, Louise Jooste.

Graig-Lee Smith

Graig-Lee het amptelik op Donderdag 1 Julie 2021 by RSG in Aucklandpark begin op ‘n 5-jaar Fixed Term Kontrak (soos al die bestuursposte in die nuwe TOM struktuur is).

Hy was die beste kandidaat en het kop-bo-skouers uitgestaan in die onderhoude, en al 4 van die onderhoud-paneellede het eenparig besluit om hom aan te stel.

Graig-Lee is ook geen vreemdeling vir RSG nie – hy was voorheen by RSG se opvoedkundige programme as vryskut-aanbieder en regisseur betrokke, waarna hy na verskeie kommersiële radio en TV stasies is, en nou weer terug gekom het huis toe.

Ek is opgewonde om saam met Graig-Lee te begin werk, en ek’s seker julle sal hom sommer baie tuis laat voel!”

Meer oor Graig-Lee

Graig-Lee Smith

Graig-Lee Smith het van ‘n jong ouderdom geweet hy wil eendag in die uitsaai bedryf werk. Hy het ná matriek aan die Kaap Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) studeer, waar hy ‘n nasionale diploma en later ‘n Baccalaureusgrade (B.Tech) graad in joernalistiek voltooi het.

Hy het later by van die land se grootste Afrikaanse publikasies gewerk insluitend Beeld, Netwerk24 en Health24. Hy was die aanbieder en regisseur van programme soos Kompas, Met Raad en Daad en verskeie opvoedkundige programme op RSG.

Oor die jare het hy by Primedia Broadcasting (KFM, CAPE TALK, 702 en 947) gewerk as verslaggewer, regiseur en nuusleser. Hy het ook by ENCA, Enuus, Nuusdag en eTV News gewerk.

Sy passie was nog altyd om mense se stories te vertel. Hy sê dit was vir hom belangrik om mense se stories te vertel. “My hoogtepunte was om daardie klein dorpies in Suid-Afrika te besoek en om die blydskap op mense se gesigte te sien wanneer jy hulle ‘n kans gee om hulle hart op te maak.”

Graig-Lee was ook aangewys as een die land se top 200 jongmense in Suid-Afrika in die 2021 Mail & Guardian se jongmense wie baanbrekers in hul bedryf is.

Hy is baie opgewonde oor sy aanstelling as programbestuurder en sien uit daarna om met almal te werk. “Dit is baie lekker om terug te wees by die huis en kan nie wag om volstoom te begin werk nie. RSG was en sal altyd my huis wees.”