Welkom by RSG, Jaco!


Jaco Wagener

RSG se span vaste personeel word algaande weer voltallig. Jaco Wagener is aangestel as die Oudiovisuele Regisseur wat verantwoordelik is vir al die tegniese aspekte om die stasie op lug te hou. Welkom Jaco!, skryf Louise Jooste, Sakebestuurder van RSG.

Jaco vertel meer oor homself:

“Ek kom oorspronklik van die Oos-Kaap af; ek is op Uitenhage gebore. In 2011 het ek my studies by NEMISA in Johannesburg aangepak, en spesifiek in radio-produksie. Hierna het ek ‘n diploma in klank ingenieurswese behaal.

Ek het in 2015 by die SAUK begin werk as klank operateur, en is later bevorder tot klankmenger. Ek het aan verskeie produksies gewerk soos Noot vir Noot, Fanbase, die Jason Goliath Show, Soccerzone, Sunday Live, Gospel Time, Rugby Top 14, Sports Arena, en die SAUK-sepie Muvhango, om net ‘n paar te noem.

“Ek is baie opgewonde om by die RSG-span aan te sluit, en sien uit na my nuwe loopbaan by RSG.

Naskrif: Jaco se diploma in klank-ingenieurswese is cum laude behaal!