Wendramas: ‘Shirley se skuld’ op 2 Mei


Luister Donderdag 2 Mei na Shirley se skuld, een van ons wendramas.

Ons sluit die tentoonstelling van 2023 se wendramas af met die merieteprys wenner, Shirley se Skuld, deur Anene Loots.

Die wêreld van ‘n tehuis vir bejaardes word in die fynste besonderhede geskep in hierdie drama. Anene Loots gee ‘n blik op hulle behoeftes en uitdagings  Hulle onbeholpenheid met hedendaagse tegnologie en sosiale media word op ‘n komiese maar deernisvolle manier uitgebeeld. Oor en weer beskuldigings loop uit op ‘n onverwagse liefde en ‘n dure les.

 

Die storie

Al woon die bejaarde Rina in ‘n aftree- oord, wil sy nog steeds avonture aanpak en haar lewe geniet. Wanneer dit lyk of daar ‘n kans is dat sy soos Shirley in die rolprent Shirley Valentine, op ‘n Griekse eiland kan gaan vakansie hou, is haar opgewondenheid groter as haar gesonde verstand. Onverwagse wendinge bring drama en konsternasie, met komiese gevolge.

Die spelers

Die span akteurs, van hulle self ook nie meer jonk nie, het pret gehad en die humor in die stuk geniet.

Die spelers is Susanne Beyers, Elsabe Daneel, Nic de Jager, Zenobia Kloppers, Dean Balie en Roeline Daneel.

Van links na regs in die ateljee in Seepunt is: Nic de Jager, Roeline Daneel, Susanne Beyers, Elsabe Daneel (voor met rug na kamera), Dean Balie en Zenobia Kloppers.jpg

Agter van links na regs in die ateljee in Seepunts is Roeline Daneel, Susanne Beyers, Elsabe Daneel, Joaniw Combrink, Zenobia Kloppers en Nic de Jager. Knielend voor is Dean Balie.

Dean Balie en Zenobia Kloppers

Regie en tegniese versorging

Joanie in die regisseurstoel

Die regie is behartig deur Joanie Combrink, met die tegniese en akoestiese versorging deur Cassi Lowers.

Die skrywer

Anene Loots (64) is die wenner van die merieteprys, gekies deur die beoordelaars uit die finaliste wat nie die vier topposisies beklee het nie. Anene is  ‘n onderwyseres wat ‘n aflospos by Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad beklee.