Meer as 21 000 gevangenes op parool se beamptes weet nie waar hulle is nie


Het jy geweet meer as 21 000 gevangenes wat op parool vrygelaat is, maak ’n gek van die land se paroolstelsel, want hulle paroolbeamptes het geen idee waar die geparooldes hulle bevind nie? Ons kyk na die Wes-Kaap se LEAP-polisiemag, die gapings in die SA Polisiediens, parool en borgtog. My gas is Reagan Allen, Wes-Kaapse LUR belas met Polisiëringsoorsig en Gemeenskapsveiligheid.


 

In die Wes-Kaap het die opleiding en ontplooiing van LEAP-offisiere, wat eintlik beskryf kan word as ‘n plaaslike basiese polisiemag, reeds gelei tot ’n daling in moorde in probleemgebiede soos Nyanga, Mitchell’s Plain, Delft, Kraaifontein en Khayelitsha. Die LEAP-program word ook ingestel in ander gebiede in die provinsie. Hoe werk die program? Is dit dalk die antwoord om misdaad in jou streek te bekamp?