Luister weer: Die dood van ‘n skrywer


Die dood van ‘n Skrywer  is ‘n naelbyt drama. En dit gebeur op maat van Schubert se mooiste musiek. Dis wat dit so anders maak,” sê die regisseur Bettie Kemp. Sy het die skrywer Hannes Pieterse gevra hoe hy op die idee gekom het.

HANNES: “Ek het man in ‘n koffiewinkel gesien. Hy het eenkant gesit. Voor hom gestaar. Nou en dan iets op sy draagbare rekenaar getik. Dit was die begin. Die radiodrama was eers net ‘n klomp teks. Baie dialoog. Ek hou daarvan om karakters met dialoog in te kleur. Die kelner het met die man gepraat. Die eienaar het bygekom. Maar my storie wou nie sy loop kry nie.

Toe fluister iemand in my oor: Maak die man dood. My volgende probleem. Wie is die moordenaar? Lagie vir lagie het al die karakters aangemeld. Familiekonflik en verhoudings; die vervlakking van die samelewing deur sosiale media ook die nagevolge van die pandemie. Maar eerstens is dit ‘n krimmie. Wie is die moordenaar?

Familiekonflik en verhoudings, die nagevolge van die pandemie en die vervlakking van die samelewing weens sosiale media is temas wat in die drama weerklink. Maar eerstens is dit ‘n misdaadverhaal: Wie het die moord gepleeg?

Die spelers is June van Merch, Andre Weideman, Melt Sieberhagen, Hanna Borthwick, Kay Smith en Johann Nel.  Die regisseur is Bettie Kemp, met Cassi Lowers as tegniese regisseur.

 

Groepfoto: André Weideman, Melt Sieberhagen, Johann Nel, June van Merch, Bettie Kemp (regisseur), Hannah Borthwick, Kay Smith (voor) en Cassi Lowers (Tegniese regisseur – heel voor)