Luister weer na Die Magrietjie


Luister op 19 Mei na Die Magrietjie, deur Jenny Pieterse.

Mense hanteer trauma op verskillende maniere.  Die weduwee, Hermien Lategan, gespeel deur Rika Sennett, sukkel om oor haar man se dood te kom.  Sy is moeilik en moedswillig en onverdraagsaam en haal haar ongelukkigheid op haar seun en die bure uit.  Haar buurvrou Magriet, gespeel deur Eloise Cupido, sien om na haar Pa, wat terminaal siek is weens kanker.  Sy werk in die tuin om haar hartseer te verwerk.  En dan kruis die twee se paaie en hulle word op onverwagse wyses by mekaar se lewens betrek.

Luiste hier na die drama:

Die regisseur

Johny Klein sê “Die rouproses ná ‘n geliefde se afsterwe is vir ons almal moeilik en mense hanteer dit verskillend.

In Die Magrietjie het Hermien haar man verloor. Skielik. In ‘n ongeluk.

Magrietjie is besig om haar pa te verloor.  Hy lê op sterwe met laaste fase kanker.

Die besluite wat die twee neem om deur hulle hartseer te kom is verskillend. En dis deel van die mooi van die lewe. Hoe verskillend ons is.

Die Magrietjie het my geleer hoe almal van ons in mekaar se lewens ‘n plekkie het. Hoe verskillend ons geskape is. Hoe ons as mens nooit moet opgee gee op die lewe nie, maak nie saak hoe onregverdig dit mag voel nie. Hoe ons mekaar moet bystaan in moeilike tye. Hoe daar altyd iemand is wat op ‘n manier minder bevoorreg is as wat jy is. En hoe ons in moeilike tye ook kan saam lag.”

Die spelers

Die spelers is Rika Sennett, Eloise Cupido, Luan Jacobs, Donovan Pietersen, Duncan Johnson & Renske Jacobs.  Die regisseur is Johny Klein.

Rika Sennett, Luan Jacobs & Renske Jacobs.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2022 se 1e dramaseisoen