4 Noorweegse argitekte wil help om oplossings vir informele behuising te vind


Vier jong Noorweegse argitekte is in Suid-Afrika om saam met die Shackbuilder te werk en na verdere oplossings vir bouwerk vir informale behuising te soek. Hulle vertel van enkele idees wat in Noorweë en Frankryk werk, wat moontlik hier toegepas kan word. Die eerste is die gedagte van versigtige dekonstruksie en ‘n herwinnings-stoor waarheen mense gebruikte boumateriaal kan bring pleks van op ‘n ashoop gooi, en ander mense weer die gebruikte materiaal kan kom haal om nuwe huise te bou; die tweede is om aan ander bounmateriaal as die tradisionele te dink; en die derde is die gedagte van Dugnad, waar ‘n gemeenskap saamwerk tot almal se voordeel.

In die tweede deel gesels ons met Dr Ernst van Jaarsveld oor plante van die Ruigteveld.

Die krans-esseboom met sy helikoptervruggies, die wildepruim, die rivierblompeer, die Kaapse kastaiing met sy pienk bloeisels en die hoë geelhoutbome is enkele van die inheemse bome wat uiters goed in die Oos-Kaapse ruigteveld aard.

Luister na die volledige program: