Kroonstad skud sy vere reg


Die gemeenskap van Kroonstad het saamgestaan en begin om dié streeksdorp weer te verfraai en ‘n funksionerende dorp te maak om voete in die dorp te kry. Parke, sypaadjies, middelmanne en sirkels is eerstens netjies gemaak, skole was volgende en verskeie ander projekte volg, en wel in samewerking met die Munisipale bestuur.

Mari Hudson gesels met een van die gemeenskapslede van Kroonstad om te hoor wat hulle al bereik het en hoe hulle te werk gegaan het.

Kontak Pieter van Rensburg op 0828073832

Kontak André van Pletzen op 0827855130

So het die gemeenskap onder leiding van Concerned Businessmen and women van Kroonstad, met die samewerking van die Munisipaliteit, dié streeksdorp verfraai.

Die groot swembad op Kroonstad is weer opgeknap en heropen.

Die bushaltes is oorgeverf.

Bome op die dorp is in bedwang gebring en die takke is weggery.

Die park se gras word gesny en die park word netjies gemaak.

Personeel, leerlinge, ouers van die Calling Academy en gemeenskapslede het gehelp om plastieksakke en ander rommel in die park en die dorp op te tel.

Die gemeenskap tel rommel op.

Die gras langs die strate is netjies gesny.

Die fontein word herstel.

Besoek https://web.facebook.com/igniteandrevive/?_rdc=1&_rdr vir meer foto’s en inligting.