Polisiekorrupsie en -chaos met vuurwapens


Die 158 vuurwapens wat uit die bewyskamer by die Norwood-polisiestasie in Johannesburg verdwyn het, is glo net die oortjies seekoei, volgens die DA se woordvoerder oor polisiesake, Okkie Terblanche. Die polisie is glo nie in staat om hulle eie vuurwapens veilig te hou nie. In die afgelope vyf boekjare is 3 405 amptelike polisievuurwapens gesteel of het vermis geraak, sê Terblanche. Ons praat oor die manier waarop die polisie hulle eie en ander eienaars se vuurwapens bestuur.