Deel 4: ‘Dokters hoef nie hulle tasse te pak nie: NGV-plan berus op té groot denkfoute’


Wat behels die Nasionale Gesondheidsversekeringswet wat bloot op die handtekening van Cyril Ramaphosa wag? Hoekom is dokters en ekonome baie bekommerd oor die implikasies van die wet? Gaan dit dan nie maklike toegang tot baie goeie gesondheidsdienste lewer nie?

Dr Caroline Corbett van die SAHPC

Deel 1

3 Jan 2024: In die eerste in ‘n reeks oor die implikasies van die wetgewing gesels Mari Hudson met Dr Caroline Corbett,  woordvoerder van die SA Health Practitrioners Collaboration wat sowat 25000 dokters en ander gesondheidslui verteenwoordig.
Luister hier na Deel 1 in die reeks:

‘n Opsomming van die probleme van die plan

1. Die plan waarborg geen kwaliteit van dienste nie. Daar word afgetik dat ‘n kliniek gebou is, maar daar is nie genoeg medisyne nie, ook nie genoeg verpleegkundiges of dokters nie.

2. Die plan behels sentralisering van besluitneming, terwyl die kwaliteiit van die besluitneming betwyfel word

3. Die plan behels voorskiftelikheid in terme van waar dokters mag praktiseer, na watter dokter, kliniek, hospitaal of gebied ‘n pasiënt mag gaan en ook watter kliniese besluite ‘n dokter moet neem.

4. Die kans op korrpusie is baie groot

5. Wie neem verantwoordelikheid vir medies geregtelike eise? Tans is die mediese eise vir nalatigheid in die staatsektor groter as die gesondheidsbegroting.

6. Daar is geen manier dat die land die plan kan bekostig nie, die plan is ongrondwetlik en word beskryf as onsinnig.

7. Die NGV-plan is die teenoorgestelde as universele toegang tot gesondheidsdiente

 

Deel 2

10 Jan 2024: In deel 2 gesels Marí Hudson verder met Dr Caroline Corbett,  woordvoerder van die SA Health Practitrioners Collaboration wat sowat 25000 dokters en ander gesondheidslui verteenwoordig.

SAHPC- PETITION TO THE PRESIDENT TO THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA ON THE NHI BILL (18.12.2023) (final) 2

Prof Alex van den Heever, gesondheidsekonoom by Wits se bestuurskool

Prof Alex van den Heever, gesondheidsekonoom by Wits se bestuurskool, bespreek enkele ontstellende feite oor die Regering se beoogde NGV-plan

 

 

Deel 3

As enigeen dink NGV gaan gesondheidsdienste vir staatspasiënte verbeter, en dat dit ekonomies haalbaar is en sin maak, wag daar ontnugtering op dié mens, blyk uit deel 3.

Die opstellers van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet het geen finansiële kosteberekenings gedoen nie, want dan sou hulle self die publiek moes meedeel dat die plan onbekostigbaar is. Die NGV-fonds word bloot geskep vir plundering. Voorts is die wet op verskeie maniere ongrondwetlik. Hofsake sal volg die oomblik nadat Pres Ramaphosa die wet onderteken. In die derde episode in ‘n reeks oor die NGV, verduidelik ‘n gesondheidsekonoom hierdie stellings aan Mari Hudson.

Deel 4: Gesondheid 24 Januarie 2024

Die opstellers van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet maak beloftes wat nie eens oor 30 jaar kan realiseer nie. Hulle maak ‘n groot denkfout as hulle dink dat private pasiënte se mediese fondspremies bloot in die NGV-fonds inbetaal kan word, of dat belasting verhoog kan word om dit te finansier, of dat huidige private pasiënte die reg tot private gesondheidsorg en private finansiering deur mediese fondse ontneem kan word, of dat staatspasiënte beter dienste sal kry.

In die vierde en laaste episode in die reeks oor die NGV, verduidelik ‘n gesondheidsekonoom hierdie stellings aan Mari Hudson.

Luister ook:

Dr Nicholas Crisp skerm vir die omstrede NGV

BTW gaan byna verdubbel as NGV bekragtig word

Die uitvoerende hoof van Discovery, Adrian Gore, het onlangs by ‘n nuuskonferensie berekeninge gemaak oor wat die koste van die Nasionale Gesondheidsversekering, die NGV, sal wees indien dit deur president Cyril Ramaphosa bekragtig word.
Gore sê egter Discovery is nie gekant teen die NGV nie, maar dink die rergering moet private mediesefondse en hospitale toelaat om saam met die NGV te bestaan. Indien die NGV wet word, sal dit mediese fondse byna laat verdwyn. Ons gesels vanoggend hieroor met Tim Cohen, redakteur van Business Maverick, sakeafdeling van die Daily Maverick.

Dr Olive Shisana oor die private sektor

Dr Olive Shisana se teenstand teen private hospitale in die Daily Maverick: https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2023-12-12-nhi-accurate-information-understanding-potential-impact-essential/