Anim voltooi vyf 250km marathons binne 6 maande in woestyne


Anim Swart vertel vir Martelize Brink hoe sy in die ouderdom van 57 vyf 250 km-uithoumarathons binne ses maande in woestyne van Lapland tot Antarktika voltooi het.

 

RACINGTHEPLANET:  ANIM SWART

In aksie

Anim is op 57 jarige ouderdom “Racingtheplanet” se oudste persoon (mans en vrouens) wat daarin
geslaag het om 5 x 250km uithoumaratonne binne 6 maande op 4 verskillende kontinente te voltooi.

Nie alleen het sy dit voltooi nie , maar ook die vroue afdeling gewen en is bekroon as die Vroue Wêreld
Kampioen van die woestyne , 2022.

Nog een!

Die “Racingtheplanet” uitdaging vir 2022 se rooster
was as volg :
NAMIBIA : 1 tot 7 Mei 2022
GEORGIA : 19 tot 25 Junie 2022
LAPLAND : 14 tot 20 Augustus 2022
CHILLI : 25 September tot 1 Oktober 2022
ANTARKTIKA :25 November tot 5 Desember 2022

Racingtheplanet se uitdaging bestaan uit 4 woestyne wat die Grand Slam genoem word plus ‘n natuurskoon resies wat nie ‘n woestyn is nie en die uitdaging word die Grand Slam Plus genoem.

In 2022 kon daar nie deur die GOBI woestyn in Mongolia gehardloop word soos aanvanklik beplan nie weens COVID regulasies en die grense was internasionaal gesluit. Anim het in elk geval reeds die GOBI woestyn in 2019 verower .

‘n Resies is 7 dae lank en atlete word aan ekstreem natuur en temperatuur kondisies blootgestel.

Die aftstande is soos volg.
Dag 1,2,3 en 4 is 40km elk lank.
Dag 5 is 80km lank.
Dag 6 is ‘n rus dag omdat meeste atlete nog in daardie oggendure hardloop om die dubbelmaraton van dag 5 te voltooi.
Dag 7 is die oorwinnings lopie en is net 10km lank.

In die sneeu

Atlete moet absoluut na hulleself omsien! ALLES wat benodig word moet in ‘n rugsak saamgedra word.  Dit sluit in slaapsak, opblaas matras, kos vir die ganse resies, vitamienes en elekroliete, sonskerm, warmklere, sonbrille, hoed, kompas, reënjas, verbande, smeermiddels vir die spiere asook plakkers en pleisters vir die blase.

Daar is ‘n defnitiewe lys van noodsaaklikhede wat in almal se rugsakke moet wees en dit word voor aanvang deur die personeel nagegaan….39 items. Die dokters sien maak seker dat elke atleet genoeg kos , soutpille en elektroliete het om hulle deur die week se hardloop te kry. Rugsakke word geweeg en die gewig varieer tussen 8 en 14kg. Elke 10 km is daar ‘n waterpunt en ‘n mediese span om seker te maak dat atlete medies geskik is om aan te hardloop. Enige atleet wat mediese behandeling ontvang of disnis gehardloop is word van die resies onttrek.

Elke aand is daar slegs ‘n tent verskaf om in te slaap en warm water om kos mee voor te berei.Geen water word toegelaat om mee te was nie…..so dit raak nogal rof om net met ‘n wetwipe (in jou rugsak net duskant jou toiletpapier) so bolangs af te vee. Die roete word met neon pienk vlaggies aangewys om te verseker dat atlete koers hou.

Die woestyn temperature is ongelooflik.In Namibia was dit 55C en die resies was gestop vir 3 ure. Atlete was by die Checkpoints onder ‘n Gazebo gehou totdat die temperatuur net duskant 50C gedaal het en toe is almal weer fort. In Georgia het dit heeltyd gereën en gemodder.

Die eerste dag was so mistig en 94% van die atlete het verdwaal omdat hulle nie die vlaggies kon sien wat die roete aandui nie.Meeste het heelwat verder gehardloop daardie dag om net weer op koers te kom.

In Chile, was die resies ook halt geroep weens ‘n sand storm in die Atacama woestyn en atlete moes die volgende dag soveel verder hardloop om die km’s op te maak. Lapland was die natuurskoon resies oor berge en dale en deur woude. Baie taai op die knieë en skelet maar sonder enige dramatiese voorval.

In Antarktika was dit natuurlik – 30C en atlete het sneeustorms trotseer. Daar was ook ‘n stilstand omdat die sigbaarheid en sneeu te hoë risiko was. Daar is elke aand op die ekspidisie skip geslaap. Dit was 3 dae van seevaart deur “Drakes passage” wat die stormagtigste waters op die planeet is , want al die oseane kom op die mees suidste punt van die aarde daar bymekaar.Dit opsigself was ‘n ernstige uitdaging om te hanteer nog voor die resies begin.

In Antarktika word daar daagliks ‘n roete uitgemerk tussen 2 en 4km , sodat alle atlete in sig is en so gou as wat die weer sleg draai vining gegroepeer kan word en met rubberbote terug na die ekspidisie skip geneem kan word.Elke atleet se rondtes word dan opgeteken by die waterpunt en die afstande word dan bymekaargetel om die wenner te bepaal. Elke aand vaar die ekspidiese skip na ‘n ander gedeelte van Antarktika vir die volgende dag se
uitdaging. Hierdie uithou ultra maratonne eis die hoogste graad van fiksheid , konsentrasie , kophou en fisiese bestuur.

Daar is gemiddeld 120 atlete wat per resies inskryf en meeste maak dit tot by die eindstreep. Meeste atlete neem slegs aan een resies per jaar deel weens die fisiese en psigiese tol wat ‘n resies vereis. Van die agt atlete wat vir die Grand Slam Plus (al 5 resiese) in 2022 ingeskryf het , het net drie dit voltooi.

Wie is Anim Swart?

Anim is 57 years old and the mother of 2 grown ups, aged 26 and 25 years. She grew up in SA and studied sport at the University of Pretoria.

Anim moved to Canada where she could match herself internationally. Anim raised a family, studied Naturopathy , worked in Canada’s top gyms and started her own Juicing company. To top it she qualified for the IRONMAN World championships where she podiumed all over the planet which afforded her a rating amongst the top 3% elite athletes.

It was time to raise the bar and in 2022 Anim became the oldest person (male and female) to complete the Racing The Planet Grand Slam Plus. A series of 5 x 250km unassisted Ultra marathon races , all within 6 months in the harshest conditions thinkable. She conquered the deserts including the ice desert, Antarctica. Not only did she complete this massive challenge but won it!

She is a world champion and also a
– Registered Naturopath in Canada
– Performance Coach
– Transformational Coach
– Certified IRONMAN Coach
– Director of a NPO “Power of one” in USA
– Motivational speaker
– Author of her first book , due for release August 2023
Amelia Henning travelled alongside Anim during her 2022 race year shooting a documentary for
international release. Anim will be in SA during April/May 2023 to
complete the documentary and host motivational and inspirational talks. Her Afrikaans is still in tact .