Gebruik sigaretstompies en …bou ‘n teerpad


Navorsers in Australië wil hê die regering moet sigaretstompies gebruik om paaie te bou. Dit is glo deel van ‘n plan om van miljoene sigaretstompies ontslae te raak. Die stompies het ‘n baie negatiewe effek op die omgewing. Spektrum praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent George Claassen. Klik hier: https://iono.fm/e/460866

Hoe kan dit werk?
Die navorsers van die Koninklike Melbourne Instituut van Tegnologie (RMIT Universiteit) het bevind dat as teer met sigaretstompies gemeng word, kan dit swaar verkeer dra en ook hitte-geleiding verminder en die hitte wat in stede opbou, verminder.

Dit word só geproduseer:

  1. Die sigaretstompies word versadig en ge-enkapsuleer met bitumen (die stof wat gebruik word om teerpaaie te maak) en paraffienwaks om die chemiese stowwe van die stompies in ‘n kapsel te hou sodat dit nie in die teer-konkreet uitlek nie.Water kan ook nie deur die kapsel dring nie, en die gifstowwe van die stompies kan dus ook nie uitlek nie.
  2. Die ge-enkapsuleerde stompies wat dan met warm teer gemeng om monsters te produseer.
  3. Dié ge-enkapsuleerde stompies dien dan as nuwe konstruksiemateriaal wat in verskeie liggewig komposiet-produkte gebruik kan word. Die ge-enkapsuleerde stompies word nie as die bolaag van die pad of sypaadjie gebruik nie, maar as die tweede laag.

Dit maak eintlik sin: daar is in elk geval baie teer in sigarette, dus kan die teer wat in die stompies oorbly, nou ‘n tweede lewe kry as ‘n teerpad.

Lees meer oor die Australiese navorsers se bevindings en plan:

http://www.financialexpress.com/industry/technology/cigarette-butts-may-be-reused-to-build-roads-here-is-how/797428/
of
http://www.abc.net.au/news/2017-08-07/cigarette-butt-roads-could-help-reduce-pollution-waste/8775566