Delta-Covid styg in WK, OK, KZN; Toe skole se skade aan leerders groter as Covid


Gauteng het op 7 Julie sy piek bereik, wat beteken die gevalle nou stadigaan begin afneem. Diot beteken agter ook dat netsoveel mense wat vóór die piek siek geword het, gaan ná piek siek word.

Dít is een van die feite wat in vandag se Gesondheid op RSG bekend geword het. Marí Hudson het met Dr Piet Streicher, data-analis van Focused Protection en Panda gesels oor wat die data-analises toon.

Luister na die volledige gesprek:

Die Delta-variant het die voorspellings vir die derde golf Covid-19 in Gauteng deurmekaar gekrap. Is Gauteng nou naby sy piek, en wat word in die ander streke verwag?

Verdere feite om van kennis te neem:

  • In Suid-Afrika blyk dit dat die eerste golf die heel vatbaarste mense getakel het, die tweede golf was basies die beta-variant en diue derde golf sedert 8 Junie, toe gevalle in Gauteng skielik die hoogte ingeskiet het, aan die delta-variant.
  • Dit lyk nie of die nuwe Peruviaanse Lambda variant al in Suid-Afrika is nie.
  • Die derde golf in Gauteng is byna dubbeld so hoog as die tweede golf, wat hoër was as die eerste golf. Maar die opnames in waak-eenhede en sterftes is net 30% hoër as die 2e golf.
  • Die delta-variant is in 25 suiweringswerke in Wes-Kaap gevind, en getalle en hospitalisasies is beslis aan die toeneem. Die Wes-Kaapse piek kan moontlik teen einde-Julie verwag word.
  • Die Noord-Kaap is verby sy piek, en al halfpad af; Die Vrystaat is verby sy piek en die golf is sowat 2/3 verby. Noordwes is byna op sy piek. Die getalle is besig om toe te neem in Oos-Kaap, KZN, Limpopo en Mpumalanga.
  • Dit is nie die moeite werd om skole enigsins te sluit nie. Die nadeel vir kinders is té groot. Die akademiese agterstand raak baie groot en het baiue negatiewe implikasies vir die toekoms van dié leerders.
  • Vaksinering maak ‘n groot verskil in England, waar 99% van mense ouer as 50 reeds gevaksineer is. Dit beteken dat mense ouer as 50 wat steeds Covid kry, reeds gevaksineer is, en die syfers toon dat meer as 1000 van die Covid-sterftes onder gevakisneerdes is. Noukeurige ontleding van die data toon dat dié sterftes tussen 30000 en 40000 sou wees sonder vaksinering.  Opskorting van alle inperkings kan oor sowat 2 tot 3 weke realiseer.

Die grafiek toon dat nuwe gevalle van Covid steeds daagliks gediagnoseer word onder gevaksineerdes en ongevaksineerdes.

Die grafiek toon min sterftes per dag aangemeld word. Die groot verskil word toegeskryf aan die werking van die vaksiene.

Agtergrond inligting tot die gesprek

On 26 June, the SACMC announced that their April 3rd wave scenarios are not applicable anymore due to the Delta variant. I will look at the latest numbers for the various provinces.Gauteng is currently at a peak in terms of new cases and hospital admissions. Hospital beds are 20-30% above the 2nd wave peak which is similar to the 2nd most conservative scenario from the SACMC.

The Western Cape will exceed all 5 of the SACMC 3rd wave scenarios, but should still come in below the 2nd wave levels. Khayelitsha continue to show low numbers and is lagging the affluent areas. This implies that those infected now are most likely picking up the virus outside Khayelitsha where prevalence is high. Within Khayelitsha, community immunity is high, and a significant resurgence is unlikely.

Below find the increased risk of dying due to Covid-19 in South Africa in a year, based on data from April 2020 to March 2021 for Covid and data from 2017 for all deaths.

This information is relevant for equality aspects around lockdown. The young are least affected by Covid-19 directly and most affected by measures such as school closures and malnutrition.

Covid: die delta-variant, vaksiene, 3e golf

Lees ook:
Hoe gaan die pandemie eindig:
https://www.scientificamerican.com/article/how-the-covid-19-pandemic-could-end1/