Deur die lens van ‘n wen-fotograaf


Hougaard Malan

Hougaard Malan is een van die wêreld se beste landskapsfotograwe. Een van sy foto’s – die een van ‘n eensame boompie in die Ruacana-valle is bekroon as die Foto van die Jaar in die 2016 Internasionale Landskapsfotograaf van die Jaar toekennings. Die foto van Ruacana-valle was die ‘highest-scoring’ foto in die 2016 Epson Pano Awards en het ’n spesiale toekenning gekry oor dit ’n baie natuurlike foto is – dit het feitlik geen verwerking en dis ’n baie belangrike onderwerp in natuur-fotografie op die oomblik; dat mense ’n eerlike verteenwoordiging van natuur moet weergee sodat fotografie ’n betroubare kommunikasie-medium is.

Dié fotografie-kompetisies is twee van die vyf grootste landskap-fotografiekompetisies in die wêreld.

Volgens Hougaard is dit belangrik dat natuurfoto’s nie gemanipuleer moet word nie. “Hoe meer mense hulle foto’s verby die waarheid manipuleer, hoe meer kraak hulle die medium se reputasie af. Ek probeer altyd my studente motiveer om photoshop uit te los en eerder weer en weer terug te gaan na ’n plek tot hulle spesiale lig kry – om die kortpad te vat is nooit belonend nie. Ek weet dié stelling is net so omstrede as wat dir gewild is, want daar is ’n groot skare wat sê dis kuns en ’n mens kan doen net wat jy wil, al behels dit dat jy ’n Tutu op ’n luiperd wil sit.

Die grootste maatskappye wat al sy fotos gebruik het is FNB, Toyota, Samsung en National Geographic.

Landskapfotograaf Hougaard Malan vertel vir Johan Rademan van sy wenfoto’s, en die wedervaringe om dit af te neem.

Vir meer inligting en foto’s, besoek https://hougaardmalan.com/

Die Ruacana wen-foto: Dis getitel Will to Live – Ruacana Falls in Flood 2016.

‘n Kykie oor die see van Ysland.

Aurora Borealis soos gesien vanaf Ysland.

Namibië

Namibië

Namibië

Namibië

Namibië

Namibië

Namibië

Hougaard Malan se foto-portefeuljes

Kyk na meer van Hougaard Malan se foto’s oor:

Patagonië

Ysland

Die Seychelle eilande

Toskaanse platteland

Die Drakensberge

Die Namib-woestyn

Die Victoria waterval

Wes-Kaap

Die Indiese Oseaan kusstrook