Die waarde van Bitcoin groei astronomies: wat nou?


Monitor/Spektrum:Woensdag 26 Julie 2017

Bitcoin, ‘n kriptogeldeenheid, se waarde het die afgelope twee jaar met 740% toegeneem, en sedert die begin van die jaar verdubbel. Die vinnige groei van hierdie virtuele geldeenheid het vrese laat onstaan dat dit weer in die gesigte van beleggers sal ontplof, net soos in 2013. In daardie jaar het die groei in die waarde van Bitcoin met 10 000% toegeneem voordat dit in duie gestort het. Die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, sê die verskynsel kan egter nie geïgnoreer word nie.