Die gesig van droogte is wreed


Die gesig van droogte is wreed. Ons plaas liefs nie foto’s van dooie skape en ander diere nie.

Die gesig van droogte is wreed. Diere vrek van honger en dors, boere is hartseer en moedeloos, regeringshulp skiet ver te kort, en voedselsekerheid is in gedrang. Marlinée Fouché het Noord-Kaap besoek om eerstehands te sien wat die droogte aan die aarde en sy mense doen.

Noord-Kaapse droogte het opkomende boere op hul knieë

Terwyl inwoners van Upington in die Noord-Kaap verlede week in die strate geswem het ná swaar reën, het opkomende boere suid-oos van die stad, woordeloos staan en toekyk. Dit het vier jaar terug ordentlik gereën in dorpe soos Vanwyksvlei, Niekerkshoop en Griekwastad naby Carnavon, en veral opkomende boere trek swaar. Marlinée Fouché berig dat die beroep op meer doeltreffende droogtehulp van die regering daagliks meer stemme bykry.

Die vroue agter die boere in die droogte

Boervroue in Vanwyksvlei in die Noord-Kaap, weier om hoop te verloor in die voortslepende droogte wat die gebied op sy knieë het. Minstens 12 boere, het hulle plaashekke permanent gesluit. Landbou organisasies soos AgriSA, spreek intussen toenemend kommer uit oor voorvalle van boere wat hulle eie lewens neem omdat die las te swaar word, en dit nie voel of daar uitkomkans is nie. Verskeie vroue in die gebied, trek intussen laer om hulle mans, en weier om moed te verloor. Marlinée Fouché het by hulle gaan hoor hoe hulle sterk bly, wanneer hulle mans dreig om in te gee.

Boer maak hart oop ná droogtehulp

‘n Skrywe van ‘n bokboer in Witsand in die NoordKaap – het sosial -media gebruikers se harte aangegryp. Die Boer, Hennie Le Roux trek ook swaar aan die droogte juk wat op sy skouers rus. Hennie het vroeër die week droogtehulp ontvang en op Facebook sy gevoel en dankbaarheid oor die hulp neergepen. Die skrywe is binne ‘n dag meer as 2000 keer op Facebook gedeel, meer as 900 mense het kommentaar gelewer en meer as drie en ‘n half duisend mense het op die skrywe gereageer. Dit is wat Hennie geskryf het in sy eie woorde.

Luister ook: AGRI-SA oor droogte

In die tweede helfte van MONITOR fokus ons opnuut op die droogte en praat nou met die Hoof van AGRI-SA se Ramp Bestuurseenheid, Willem Symington: