Die impak van droogte op boere


Die landbou-organisasie, AFASA, sê hulle is in voortdurende samesprekings met die regering om die gevolge van die voortgesette droogte in sommige dele van die land te probeer verlig. Die droogte, in onder meer die Wes- en Noord-Kaap, bedreig die voortbestaan van boere en voedselsekerheid. AFASA se president, dr. Vuyo Mahlati, het by AFASA se Agribesigheid Transformasiekongres in Bloemfontein gesê hulle is uiters bekommerd oor die droogte. Watter impak het die droogte op boere en die landbousektor?