Luister weer: Worsie het ‘n wors geword


Wllie Esterhuyzen

Hy het komedie in Suid-Afrika vervolmaak. Hy het “Sitkom” aan Suid-Afrikaners in hulle taal bekendgestel.

Willie Esterhuizen is ‘n genie in komiese tydsberekening. Karakters soos Molly, Boeboe, Frikkadel, Poena, Spanner, Ouboet, Antie Poppie en vele meer het lewe gekry deur sy skryfwerk.

Willie en sy broer, Pieter, maak ‘n gedugte span waar Willie optree as akteur en skrywer en Pieter sorg vir die regie.

Worsie het ‘n Wors geword fokus op Willie se loopbaan.

Hy het agter die skerms begin by die SAUK. Daar was ‘n brandende gevoel om komedie voor ‘n gehoor op te neem en sodoende uit te saai. Dit was die geboorte van Orkney Snork nie.

Daarna volg Vetkoek Paleis, waar ons Worsie leer ken asook die gesig agter die teks. Hierdie karakters het diep in ons harte gekruip. Rolprente volg en so kom Faan se Trein oor Willie se pad. Hiervoor het hy ‘n SAFTA-nominasie ontvang vir Beste Akteur in ‘n Hoofrol.

 

Sue Pyler-Slabbert

‘n Paar akteurs deel hulle herinneringe. Willie deel sy storie en sy broer Pieter praat met lof van sy broer se sukses.

Met ‘n koppie koffie en sjokoladekoek gesels Willie Esterhuizen en Sue Pyler-Slabbert oor hoe Worsie ‘n Wors geword het in die vermaaklikheidsbedryf.

Dié dokumentêre wag op jou