Dié dokumentêre wag op jou
RSG se dokumentêre seisoen strek van 5 Januarie tot 30 Maart op Donderdagaande om 20:00. Vier is reeds afgehandel en jy kan na hulle potgooie luister, maar ‘n wye verskeidenheid dokumentêre programme wag nog op jou – van Grootword sonder ‘n pa tot kuiers by Tobie Cronjé, Willie Esterhuizen en ‘n dappper blinde vrou, asook ‘n reeks oor genadedood. Filosofie, tegnologie en kansellasie-kultuur is ook onder die loep.
Dokumentêre seisoen Jan – Maart 2023
Datum |
Dokumentêr |
Vervaardiger |
5 Jan
Afgehandel
|
Lippizaners – Op die agterpoot. |
Lizelle de Bruin |
12 Jan Afgehandel |
In die Bol geTik handel oor die ewig groeiende, bose kringloop van dwelms in Eersterust in Pretoria. | Jacqui January![]() |
19 Jan Afgehandel |
Alzheimers, ‘n lewe sonder onthou Wat is die impak wat Alzheimers het op die mense om ons? Hoe raak dit die geliefdes wat die pad saam met iemand stap wat aan hierdie siekte ly? |
Johan van Lill |
26 Jan Afgehandel |
Hartbeespoortdam vier 100 jaar |
Elsje van Jaarsveld![]() |
2 Feb
Volgende |
Grootword sonder ‘n Pa Hierdie dokumentêr deel die ervaring van mense wat sonder ‘n pa grootgeword het en ‘n sielkundige belig die sosiale aspekte. |
|
9 Feb |
Worsie het ‘n wors geword Sue verken die lewe van Willie Esterhuizen wat ’n huishoudelike naam by Suid-Afrikaners is. Orkney Snork Nie, Vetkoekpaleis en Gauteng Aleng is sinoniem met sy naam. Sue gesels met mense wat deel was van sy lewe en sukses. |
Suy Pyler-Slabbert |
16 Feb |
Diskoers – Van Sokrates tot sosiale media Deur argumente, diskoers en redenasies word die diepste vrae van filosofie beantwoord, wetenskaplike reëls vasgestel het en wetlike besluite geneem. Dit is die grondslag van ons demokrasieë en die manier waarop ons die beleid vir land ons bepaal. Dit is ook deel van ons daaglikse diskoers – dit was nog van altyd af daar, maar sosiale media het vir almal van ons ’n platform gegee om ons stemme te laat hoor. |
Johan van Lill |
23 Feb | In Plooie van die Hart vertel Veronique die storie van ’n jong blinde vrou wat die geleentheid gekry het om haar gunsteling rock-groep Rammstein te ontmoet en deur haar hande te kon ‘sien’. Hierdie ware verhaal wat elke luisteraar se hart sal vermurwe bring hoop en deernis vir jou medemens.![]() |
Veronique van Heyningen |
2 Mrt | In Tegnologie vra Jody hoe ons daaglikse lewe werklik deur tegnologie verander is en wat ons nog te wagte kan wees. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die gedagte reeds by wetenskaplikes posgevat om tegnologie te ontwikkel wat soos mense kan werk. Hulle het besef dat masjiene (robotte en/of rekenaars) sekere tradisionele menslike take kan verrig. Hierdie ideologie het die weg gebaan vir moderne robotika. Tog kan kunsmatige intelligensie (KI) selfs nie in die 21ste eeu alle take uit mensehande wegneem nie.![]() |
Jody Hendricks |
9 Mrt |
Tobie Cronje – 75 jaar Ina neem ons na die siel van Tobie Cronje in ’n profieldokumentêr oor sy interessante lewensfilosofie, sy ernstige werk wat meestal tweede viool moes speel teenoor die komiese werk, mense wat ‘n belangrike rol in sy loopbaan gespeel het en sy benadering tot rolle in die verskillende media. |
Ina Strydom |
16 Mrt |
Kansellasiekultuur Johan stel ondersoek in na die vryheid van skrywers. Word skrywers soms aan bande gelê deur die onsigbare grense van kommersiële boekwinkels en uitgewers? |
Johan Rademan |
23 Mrt |
Genadedood 1 – Om te sterf met genade In die laaste dokumentêr wat oor twee episodes strek verken Esté die twee teenpole van genadedood. Met in diepte onderhoude praat Esté in Om te sterf met genade oor hoe dié kwessie in Suid-Afrika en in ander dele van die wêreld aangespreek word. |
Esté de Klerk
|
30 Mrt | Genadedood 2 – Om te sterf met genade![]() |
Esté de Klerk |