Luister weer: Plooie van die hart


Jonna Heynke, ‘n sig-gestremde vrou van Finland vertel haar storie van hoe haar lewenspad verander is deur ‘n prins, nie gekleed in goud en silwer nie, maar in roet en vuur.

Dit is ‘n storie wat jou hartsnare sal roer en jou net weer sal herinner dat selfs die ‘lelike’, ook goedheid kan bevat. Kom luister na Jonna se verhaal en kyk deur die oë van ‘n blinde persoon, wat ongeag van haar gestremdheid ‘n kannie-dood lewens-filosofie het.

Veronique van Heyningen

Plooie Van Die Hart, ‘n dokumentêr deur Veronique van Heyningen, word op Donderdagaand, 23 Februarie om 20:00 uitgesaai.

 

Till Lindemann van Rammstein

‘n Vuurvertoning van Rammstein tydens een van hulle regstreekse vertonings.

Dié dokumentêre wag op jou