Donderdagaand: Broers – Van gister tot vandag


Na Theuns Jordaan se dood het n mens tot die besef gekom watter hegte eenheid Suid-Afrikaanse kunstenaars vorm Elkeen het n storie. En Johan Rademan het na die invloede uit die ouerhuis en n loopbaan oor 3 dekades van 3 broers , die Snyman-broers, gekyk in Donderdagaand 20 Januarie om 20h00 se dokumentere program op RSG.

BROERS het o.a. twee B.Mus grade tussen hulle en twee van hulle het in die Kanaries gesing.

En wat het Zane Adams en die Bala-broers te doen met Christo, Cobus en Nick Stephens?

Onthou Donderdagaand om 20h00 op RSG saam met Johan Rademan.

Het jy geweet?

Broers – gister tot vandag (Cobus, Stephan en Christo Snyman)

‘n Oud-polisie Generaal met n lisensiaat in klavier as pa en ‘n ma wat in  Nuwerus se orkes saam met haar gesin gespeel het was n stewige stukkie DNS wat aan Christo en Cobus en Nick Stephens uitgedeel is in hul sangloopbane as solo,duo, en trio wat vandag as BROERS bekend staan.

‘n Ongeëwenaarde trio van  3 broers oor 3 dekades met verskeie musikale invloede en formele musiekopleiding met grade in musiek in hul geledere, maak die genres oop om verskeie musiekstyle vir verskeie geleenthede te bied.

Kruisbestuiwende kreatiewe projekte met o.a. die Bala-broers –  of om te leer jodel met Bles Bridges –  of die Nasionale liedere voor groot toetswedstryde spoor hul aan tot nuwe hoogtes. Van Gospel en Acapella tot Ballades, Country en Rock – als uit n diep ingebedde musikale agtergrond vol opwindende kinkels en kabels.

Ervaar BROERS,  Christo(52), Cobus(49), Stephan(46) en Pa Nick eerstehands oor n loopbaan in kerke, op dansvloere, studenteskares, feesdriftiges en selfs voor presidente.

Christo(52) is die woordvoerder van BROERS met n kwalifikasie in kommunikasie, bo en behalwe musiek.

Cobus(49) is soos n vis in die water in sy klankateljee. Hy spog met n B.Mus-graad en dit is min B.Mus-studente wat kan jodel.

Nic Stephens(46) het n B.Mus-graad met klavier as instrument. Hy het eers n jaar regte studeer en in die tyd uitgevind: “Dis altyd lente in die oë van die Stellenboschstudente”

 

Cobus en Christo

Die jongste broer Nic Stevens (Stephan Snyman)

So lyk die BROERS se “kantoor”

Christo Snyman, Bles Bridges en Cobus Snyman. Die 2 oudste broers het vir meer as 2 jaar die grootste verkoper van Afrikaanse-musiek se voorprogramme behartig.