Luister weer: ‘n Pa vir Giel


In RSG Radioteatear, ‘n Pa vir Giel, deur Euna Easton op 15 Desember,  word ‘n familiegeheim onthul wat Giel se lewe op sy kop draai.

Al wat Giel weet is dat sy pa dood is toe hy klein was. Sy ma maak hom alleen groot, maar wanneer sy doodgaan begin hy opnuut wonder oor die pa wat hy nooit geken het nie.  ‘n Vreemde man nader Giel op die dag van sy Ma se begrafnis, maar Giel kan nie na die man luister nie.  Hy het immers sy enigste ouer verloor.  Daar is familielede wat vir Giel ondersteun, maar sommige weet meer oor die verlede as ander.  En die man by die begrafnis, is toe nie heeltemal ‘n vreemdeling nie.  En Giel leer: “miracles is vir almal”.

Temas wat aan die orde kom is verhoudings oor die kleurgrens, die Grensoorlog, die rol van familie, en vergifnis.

Luister Donderdagaand 15 Desember om agtuur na RSG se drama, ‘n Pa vir Giel, deur Euna Easton.

Bekende spelers soos Rina Nienaber, Elma Potgieter, Pietie Beyers, Johny Klein, Christine Voorendyk en Donovan Pietersen kan gehoor word. Die regie is behartig deur Mari Snyman.

Agter: Rina Nienaber, Pietie Beyers, Christine Voorendyk, Elma Potgieter.
Voor: Johny Klein en Donovan Pietersen.