Gasa-konflik verdeel wêreld


Dis net meer as ‘n maand sedert Hamas ‘n dodelike aanval op Israelse burgers uitgevoer het, en Israel se weermag op sy beurt, eers met swaar bombardering van Gasa, en later ‘n grondoffensief in die noorde van die Gasa-strook en Gasa-stad begin het. Duisende mense is reeds in die oorlog dood, en dit het opnuut groot politieke onsekerheid in die Midde-Ooste veroorsaak.

Wêreldleiers is erg verdeel oor die oorlog, en ‘n handvol regerings, waaronder Suid-Afrika, het hulle diplomate en ambassadeurs uit Israel herroep.

Terwyl daar druk op Israel is om ‘n skietstilstand te verklaar, het Israel se regering bevestig humanitêre tussenposes van vier uur lank, sal voortaan geld.

Ons praat oor die oorlog met professor Abel Esterhuyse van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Krygskunde.

Foto’s van Al Jazeera in die Gasa strook, met die Shifa hospitaal wat ook gebombardeer is.

Luister ook:

Verloor Israel al meer steun van die Weste?

Israel en Hamas: Wat is die waarheid?