Luister weer: Grootword sonder ‘n pa


Jody Hendricks

“Sjoe, dit was treffend! Baie goed! Sterk boodskap aan ALLE mans om waarlik vir jou seun ‘n PA te wees.”

Dít is van die luisteraarsreaksie wat Jody Hendricks se dokumentêr “Grootword sonder ‘n pa” ontlok het toe dit as deel van RSG se huidige dokumentêre seisoen uitgesaai is.

Die program het mense diep ontroer.

‘Gert skryf “Ek is 75 jaar oud oud my vader is oorlede twee maande voor my geboorte en ek is deur absolute hel en vandag is ek nog steeds ongetroud want ek wou nooit sien dat my kinders dieselfde pad moet loop nie en vandag help ek kinders op straat.”

Coen op Kimberley se “Vaderlose kinders is ‘n misdaad. As die vaders hul verantwoordelikhekid sou nakom teenoor hul kinders, sou 50% van ons land se maatskaplike probleme opgelos wees. Dit is n bose afwaartse spiraal wat ons gemeenzkappe almeer de-kultiveer en groter polariseer tussen die normale mense en die onopgevoede mense. Hulle skep ‘n sistemiese barbarisme”

In dié dokumentêr word die sielkundige en maatskaplike kwessies wat in duisende huishoudings afspeel weens afwesige pa’s, belig.

Daar is eenvouding nie meer vaderfigure vir kinders nie.

Baie kinders word sonder ’n pa groot omdat die ouers geskei is en die kinders by die ma bly. Dit is natuurlik verskriklik hartseer.

Maar daar is ook kinders wat sonder ’n pa grootword omdat die pa nie betrokke is by sy gesin nie, en nog redes.

Statistiek toon dat meer as 60% van kinders wat in 2019 gebore is, oor geen besonderhede van die pa beskik nie.

Om sonder ‘n pa groot te word, is moontlik ‘n tikkende tydbom.

In die dokumentêr praat Jody met iemand wat self sonder ‘n pa groot geword het, ons kyk ook na die sosiale en regs impak, die rol wat skole kan speel en die druk wat dit op ma’s sit.

Ivor Swartz

Die bekende skrywer en TV-aanbieder Ivor Swartz is een van my gaste asook die joernalis en oud onderwyser Julian Jansen (sien video.)

Januarie – Maart 2023

Donderdae @ 20:00

Dokumentêre reeks

Dié dokumentêre wag op jou