Herleef ons 85-jaar vieringe se hoogtepunte, plus foto’s


Oktobermaand was ‘n besondere hoogtepunt vir RSG. Die viering van 85 jaar van Afrikaanse radio het met spesiale programme, argiefmateriaal en onderhoude met oudpersoneel op lug weergalm.

Die kersie op die verjaardagkoek was die uitsonderlike regstreekse uitsending van die oudste program op Suid-Afrikaanse radio, ‘U eie keuse’.  Maande-lange beplanning, baie vergaderings en ‘n stewige borgskap het gesorg dat die room van Suid-Afrikaanse klassiekemusiekkunstenaars vir twee ure lank landwyd gehoor kon word. Oorsese luisteraars kon  ook die geliefde treffers geniet deur stroming op RSG se webtuiste.

Reeds vroeg in Oktober het spesiale programme begin met ‘Die nommer 1 van 85 jaar’ – ‘n musikale reis deur amper 9 dekades waarin Fritz Klaaste die gewildste liedjie van elke jaar belig het.  ‘Magiese mikrofoon’ deur Terrance April het argiefmateriaal afgestof  waarmee luisteraars vir vyf weke lank op ‘n nostalgiese reis geneem is.  Die ‘Reuse van radio’ deur Ina Strydom, het die groot geeste van Afrikaanse radio vereer en die pionierswerk van die eerste uitsaaiers in die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaanse radio belig.  Met vele gelukwensinge van bekendes en beroemdes deur die loop van die maand, en ‘n personeelfunksie saam met kollegas van verskeie afdelings binne die SAUK, het RSG het behoorlik feesgevier.  Dit is op beeld vasgelê – geniet die foto’s wat ‘n blik op die 85-jaar vieringe gee.

Vir diegene wat nie kon inskakel gedurende Oktober nie, bied RSG ‘n vakansiebederf.  Herhalings van ‘Die nommer 1 van 85 jaar’ asook ‘Magiese mikrofoon’ sal van 2-6 Januarie uitgesaai word.  Die 2-uur lange ‘U eie keuse’ konsert word ook weer spesiaal op Nuwejaarsdag uitgesaai.

Baie dankie vir elkeen se volgehoue ondersteuning – julle elkeen vorm deel van die lewensaar en hartklop van RSG.  Gesondheid, op die volgende 85 jaar!

Die soliste en Eddie Clayton

Bongani Kubheka en Magdalene Minnaar

Heinrich Sutton

Ian Siemers

Zanta Hofmeyr

Magdalene Minnaar en Hlengiwe Mkhwanazi

Magdalena de Vries

Dirigent Eddie Clayton

Eloise Cupido en Leon Gropp

Die legendariese sopraan Emma Renzi was die eregas.

Rina Hugo en Johan van Rensburg

Nada Wotshela en Madoda Mxakwe

Louise Jooste, Kobus Burger en Jacqui January

Veronique van Heyningen en Nada Wotshela

Carla Mackenzie en Sihle Gcilitshana

Fritz Klaaste en Hennie Maas

Kobus Burger, Pathiswa Dlulane en Janine Kerspuy

Louise Jooste, Amoré Swanepoel, Elsje van Jaarsveld en Kobus Burger

Boplaas was een van die borge

Regstreekse konsert Saterdag die hoogtepunt van verjaardagvieringe