RSG vier só 85 jaar van Afrikaanse radio


27 Oktober is die 85ste herdenking van Afrikaanse radio, maar die feesvieringe gaan regdeur Oktober op lug aangebied word met ‘n verskeidenheid van musiek, drama, dokumentêre programme en selfs kompetisies vir ons luisteraars.

Indeks van inligting

Die Feesprogram vir Oktober
Ons neem jou onder andere op ‘n reis deur die gewildste programme, omroepers, geskiedkundige en sportgebeure en selfs die heel grootste treffers van die afgelope bykans nege dekades.
Klik hier om na die program te kyk en na die beskikbare potgooie te luister.

‘n Regstreekse konsert van U Eie Keuse
Dié regstreekse konsert vanuit die SABC se M1-Ouditorium in Auckland Park is die hoogtepunt van die feesvieringe. Die konsert vind op Saterdag 29 Oktober plaas, word aangebied deur Willem Pelser en sal bestaan uit die gewildste versoeke van RSG se luisteraars. Klik hier.

Die geskiedenis, mylpale en prestasies van Afrikaanse radio oor 85 jaar
Die wêreld lyk en klink deesdae beduidend anders as in 1937, toe Afrikaanse radio onstaan het. Tóé was kommunikasiemedia beperk. Die koms van radio in Afrikaans het luisteraars se interaksie met die wêreld verander. Ons gee jou ‘n kykie na die geskiedenis van Afrikaanse radio, die bekende programme en die bekende omroepers.
Klik hier vir meer inligting.

Dokumentêr: 85 Jaar van Musiek
In dié dokumentêr oor die evolusie van musiek op Afrikaanse radio, kyk Haidee Muller-Isaacs na luisteraars se veranderende luistergewoontes oor die 85 jaar – grammofoonplaat tot digitale aflaaibare musiek, en ook na die befondsingsmodel van musiek – wie betaal en wie maak die geld. Lees en luister meer.

Dokumentêr: Van Hoorbeeld tot Potgooi
In die reeks van twee episodes vertel Johan van Lill meer oor die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr, en fokus hy op die fyn kuns wat dit verg om mense se stories te vertel – nie net bekende mense s’n nie, maar ook mense wat uitdagings in die lewe moes oorkom. Lees en luister meer.

Beleef ‘n stukkie nostalgie met Fanus Rautenbach en kie.
Klik hier.

Oud-omroepers vertel
Luister na gesprekke met Chris Swanepoel, Bennie Howard, Coenie de Villier, Susan Booyens en Esther van Niekerk en andere. Lees en luister hier.

85 Jaar van Sport
Luister na ‘n program oor sport-hoogtepunte oor die jare en gesprekke met voormalige sportkommentators soos Chris Swanepoel, Heinrich Marnitz en andere. Lees en luister hier.