Hoe ken mens grenslyn-persoonlikheidsteurnis uit?


Is jy in ‘n verhouding (enige verhouding) waar die ander persoon meer as gereeld irrasioneel optree, baie jaloers of besitlik is, en gereeld vloermoere gooi? Voel jy die gedrag is meer intensief as hoe ‘n “gewone” mens sou optree? Ons kyk na grenslyn-persoonlikheidsversteuring – ‘n diagnose wat baie kwessies in ‘n verhouding kan verklaar.