Is mans slimmer as vroue?


Left and Right brain functions

Maandag 13 Mei 2019

Mans het in die algemeen groter en swaarder breine as vroue – maak dit dat mans slimmer is? Is jy ’n regterbrein- of linkerbreinmens?Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor neuromites. Van hierdie mites het al so wortel geskied dat mense dit al as vanselfsprekend aanvaar as die absolute waarheid, terwyl ander soms halfpad waar is, maar nie ten volle nie.

Maandag 6 Mei 2019

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor watter prosesse die brein volg om besluite te neem, en wat alles ’n impak het op hoe jy ’n besluit neem. Dis verkiesingsweek en hierdie week moet alle Suid-Afrikaanse kiesers ’n belangrike besluit neem – hoe gaan jou brein te werk om dit te doen?