Is jy ‘n opgaarder?


Ons kyk na kompulsiewe opgaarversteurings (hoarders) , wanneer ‘n persoon items, klere of selfs diere opgaar, en vreeslik angstig raak om van enige iets ontslae te raak.

Om op te gaar, is nie dieselfde as versamel nie.

Versamelaars is georden, versamel baie spesifieke dinge en is trots op hul versamelings. Opgaarders se opgaardery is ongeorganiseerd en kan tot wanorde en onhigiëniese toestand lei. Die opgaarder is mie juis trots op sy chaos nie.

Angs en obsessies speel ‘n belangrike rol in opgaardery.