Soeklig op die ANC se voortbestaan


Die ANC is 110 jaar oud. Die regerende party het die naweek onder moeilike omstandighede sy verjaarsdag in Limpopo gevier. Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, wou nie bevestig of daar ‘n komplot is om die land of die party te destabiliseer nie. Ná die onlangse brand by die parlement, ‘n voorval van vandalisme by die konstitusionele hof, en ‘n kragonderbreking by die party se fondsinsamelingsdinee is daar bespiegel dat daar van binne die party gewerk word om die regering te destabiliseer. Ons bespreek die volhoubaarheid van die ANC.