Kragvoorsiening word ‘n speelbal in die verkiesing, maar munisipaliteite het min seggenskap


Hoe word kragtariewe en kragvoorsieng as ‘n speelbal gebruik, en instellings verpolitiseer in die aanloop tot ‘n verkiesing?

Tydens die kieserregistrasieveldtog in Soweto in September het ANC-president Cyril Ramaphosa inwoners belowe dat hulle elektrisiteitsprobleme binnekort iets van die verlede sal wees. Inwoners word gereeld geraak deur lang kragonderbrekings, wat vererger word deur kabeldiefstal en ontploffings by substasies.

Ramaphosa sê hy het reeds met die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, vergader en dat Eskom binnekort sal begin werk om die probleme uit te stryk.

Inwoners van Naledi in Soweto het aan Ramaphosa gesê die ANC luister net na hulle griewe voor ‘n verkiesing, maar daar word niks gedoen om dienslewering in die gebied te verbeter nie.