Rare versameling antieke tapisserieë


Johan Rademan het by Nicky Coetzee se huis gaan besoek aflê en op kultuurhistoriese skatte uit Frankryk afgekom wat jou asem sal wegslaan – antieke tapisserieë van tussen 200 en 400 jaar oud!

Nicky Coetzee gesels oor haar droom van kleindogtertjie se verbeeldingsvlugte in ouma se tapeserie op die plaas Ramskop in Calvinia na Frankryk se dorpie Aubosson. Aubusson is ‘n dorpie in die Limousin streek in Frankryk. Die Creuse-rivier sny deur die gebied en die water met ‘n hoër suurgehalte het eeue gelede daartoe gelei dat manjifieke tappeserieë in die dorpie met die hand geweef is. Die suurgehalte van die rivier se  water, maak dit makliker om die wol en materiaal wat gebruik is, te was en oorbodige olies van ontslae te raak.

Vroeër in die Middeleeue het spanne van tot 10 mans, of selfs meer, daaraan gewerk en dit was fisies inspannende werk wat ook fyn kunstenaarskap geverg het. Die spanlede het dan volgens hul sterkpunte gewerk en met die hand geweef. Party was goed met flora,  ander fauna en dan weer mensfigure, kastele en katedrale.

Nicky Coetzee se inspirasie kom uit die Konings Louis se tydperke Louis die 14de, 15de en selfs 16de, maar die Suid-Afrikanaanse kunstenaar Louis Janse van Vuuren en Hardie Botha wat juis in die streek woon het haar op die spoor van die uitsonderlike skaars werke geplaas.

Die werk wat Nicky Coetzee op die Ramskop in Calvinia, reeds as ‘n klein plaasdogterjie, se verbeelding aangegryp het.

400 jaar: Verdure (‘n Groen woudtoneel). Die toneel en kunswerk kom uit die dorpie Aubusson uit die middeleeue. Die behangsels is gebruik om kamers te verwarm en te versier. ‘n Vakmanskap het 10 jaar beloop voor jy ‘n meesterwewer kon word en dit het ‘n 12-uur werksdag behels. Weens die fisieke aard van die werk het mans dit in daardie tyd gedoen.

350 jaar: Die ontdekking van Moses in die mandjie. Nicky Coetzee verduidelik hier aan Johan Rademan dat die werk geweef is aan die einde van die 1600’s. Twee style is hierin gemeng nl Personnage en Verdure en dit maak dit die waardevolste van die 4 werke. Die gebruik van wol en baie sydraad dra by tot die skaarsheid van die versamelstuk.

350 jaar: Moses in die mandjie van nader

 

300 jaar: Nicky Coetzee verduidelik aan Johan Rademan die verskil tussen die 200-jarige met die minder natuurlike mensfigure as in die bacchustoneel. Die sjarme is juis in die imperfeksies met die gebruik van wol en Chinese-sy.

 

300 jaar: Scene gallant met Nicky Coetzee en Johan Rademan by die “galante toneel” met die middeleeuse invloed.

300 jaar: Scene Gallant van nader.” Kyk na die kinderlike styl van mens figure” sê Nicky Coetzee.

200 jaar: Bacchus uit die 1800’s. Nicky Coetzee en Johan Rademan staan by die jongste van die 4 kunswerke.