Luister weer na 2 kort dramas


Donderdag net na 20:00 kan jy na twee kort dramas luister. Dit is Ilne Fourie se Hendrik se histerektomie, wat in 2022 die wenner was van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas.

Die tweede drama is Ugo Betti se ‘n Mooi Sondagmiddag in September.

Hendrik se Histerektomie

Die storie

Hendrik

Dr. Marais is ’n veearts op ’n klein dorpie wat ’n tydelike ontvangsdame, Marietjie, in diens geneem het. Haar eerste dag verloop, om die minste te sê, minder geslaagd. Koos se hond, Buffel, het sy nuwe bakkie se sleutels ingesluk, en Dorette se hamster het oornag agt kleintjies gekry. Dit, terwyl dr. Marais ’n besige dag in die teater het en nie kans het om aandag aan enige diere, behalwe noodgevalle, te gee nie. Marietjie gebruik haar inisiatief, maar slaag slegs daarin om die veearts, Koos én Dorette lelik om te krap!

Die spelers is Richard van der Westhuizen, Marissa Claasen, Anrich Herbst en Nicole Holm.

Skrywer: Ilné Fourie

Regisseur: Johan Rademan

Richard van der Westhuizen, Johan Rademan en Marissa Claasen

Johan Rademan en Marissa Claasen

Lees meer oor Hendrik se Histerektomie en Ilne Fourie:

Vrystater wen Kwartkomedie prys met veearts-komedie 

‘n Mooi Sondagmiddag in September deur Ugo Betti

Ugo Betti was ‘n Italiaanse dramaturg, digter, en kortverhaalskrywer. Betti se dood vanjaar sewentig jaar gelede word herdenk met die uitsaai van een sy bekende dramas, ‘n Mooi Sondagmiddag in September.

Mev. Adriana is 40 en verveeld. Dit voel vir haar asof die lewe na ‘n einde beweeg, tot sy hoor dat sy ‘n ouma gaan word, en dat ‘n nuwe lewe gaan begin.

Vertaal deur Attie Botha

Joey de Koker, verteller en regisseur van ‘n Saterdagmiddag in September

Die spelers is Anneke Keyter, Johann Nel, Johann Esterhuysen, Christo Gerlach, Joanie Combrink, Alewyn Lee, Pierre Louw, Edward Turner, Neels Engelbrecht en Nicci van Noordwyk

Produksiespan:
Kontrole en akoestiek: Marné du Toit
Byklanke: Francois Blom
Verteller en regisseur: Joey de Koker