Luister weer na Klipgebede


Ons nuwe radioteaterseisoen begin op 7 Oktober met ‘n radioverwerking van die solostuk Klipgebede, deur Schalk Schoonbie.

Elma Potgieter vertolk die rol van die vrou wat vir ewig die letsels van gesinsgeweld dra, maar wat tog met hoop na die lewe kyk.

Die regisseur is Andre Stolz.

‘Klipgebede’ is ‘n kragtige teaterstuk wat in die formaat van ‘n solo-produksie aangebied is en nou die eerste keer op radio gehoor kan word.

Dit is spesiaal deur die dramaturg Schalk Schoombie (Samoerai, My Japan, Liefde, Anna) vir die veelsydige aktrise Elma Potgieter geskryf. Sy vertolk Mariana Kleynhans, ‘n weduwee wat haar seun Gerbrand, ‘n veroordeelde moordenaar, in die tronk besoek. Mariana is ‘n sterk, middelklas-vrou met empatie vir ander wat probeer sin maak van die omstandighede wat gelei het tot haar sensitiewe kind se lot. Die raaisel van wat aanleiding gegee het tot die misdaad, word algaande ontrafel terwyl Mariana die tragikomiese gebeure van haar ongelukkige huwelik vertel. Sy praat met haarself en haar seun, en deel haar lewensverhaal met haar boesemvriendin Katryn. Die titel verwys na ‘n stapel rivierklippe wat haar man gebou het, wat ‘n strak simbool van onvergifnis is en aansluit by die bewussyn wat die #MeToo-beweging meegebring het.

Luister na die volledige drama:

 

Akteurs van Klipgebede: Elma Potgieter & Rika Sennet.

Elma Potgieter & Rika Sennet.

Christopher vd Westhuizen en Elma Potgieter.