Luister weer na tragikomedie ‘Tiener in die Suburbs’


Luister Donderdagaand na Tiener in die Suburbs, ‘n tragikomedie waarin jongmense hulle eie plek in ‘n rowwe, wrede samelewing moet vind.

Luan Jacobs, skrywer en speler

 

Luan Jacobs se lekker loslit-teks (hy speel ook die hoofrol van Antonie) gaan oor twee verlore jong siele teen ‘n donker-komiese agtergrond. Die mense het iewers agtergebly , en moet nie net hulleself vind nie, maar sin uit die lewe probeer maak Dan tree die liefde onverwags in…

Tiener in die Suburbs is van ‘n verhoogdrama na volkome radio verwerk deur Luan Jacobs, en opgevoer deur Leon van Nierop.

Luister na die volledige drama:

TITEL Tiener in die Suburbs
SKRYWER Luan Jacobs
SPEELVAK 02-Nov
TYD VAN UITSENDING 20:00
REGISSEUR Leon van Nierop

Karakters en akteurs

KARAKTER AKTEUR
JASMYN Izél Bezuidenhout
ANTONIE Luan Jacobs
VERTELLER Tobie Cronjé
ELMA Ria Smit
TILLA Sulette Thompson
MAN/PA/BUURTWAG Antowan Nothling
THERESA Mandie du Plooy

REGISSEURSVISIE

Wat Tiener in die Suburbs so uitdagend vir ‘n regisseur maak, is die blitsvinnige tempo waarteen die drama voltrek word, en die snelle verskuiwing van perspektief en lokaal.

Die elemente word in die ryk byklanke, atmosferiese musiek en akoestiek weerspieël wat ‘n groot uitdagings aan die tegniese span, Diphalesa Motau en Evert Snyman gestel het.

Leon en IzelVerder moet die byklanke die suburbs eg en realisties laat klink sonder om die produksie te oorheers, en moet die akteurs groter-as-die-lewe-self-karakters vertolk, maar mag nie stereotipeer nie.

Daarom is ervare radiospelers gebruik wat presies weet hoe ver om karakterisering voor die mikrofoon te neem, en wanneer om stewige akteurs-dissipline toe te pas.

Elkeen dra geheime, angs, bagasie en neurose met hulle saam.

Antonie verkoop komberse om aan die lewe te probeer bly en Jasmyn doen haar voor as medium wat kamtig met dooies kan kommunikeer. Hulle maak op dié onortodokse manier geld uit mense maak wat ‘n geliefde verloor het.

Maar oneerlikheid haal hulle ook in. Tog kan hulle nie vals oor die liefde wees nie, en blom hul romanse onder uiterste en dikwels tragiese omstandighede.

Luan en Izel

Luan Jacobs as Antonie, die jong (anti-)held, Izél Bezuidenhout as die protagonis Jasmyn, en Ria Smit en Sulette Thompson as twee tantes wat berug geword het in die suburbs, lewer uitstekende spel.

Ook die tantes se versugtinge en hunkering na geluk (albei soek iets) word stewig uitgebeeld.

Maar dit is Tobie Cronjé as die gelate verteller wat byna soos ‘n Griekse koor kommentaar lewer op die gebeure, die atmosfeer skep en die suburbs beskrywe, wat ‘n hoogtepunt is.

Hy praat ook soms direk met die karakters wat ‘n unieke nuwe perspektief daarstel. Hy raak ook direk by die storie betrokke.

Om daardie soms wrang, dikwels simpatieke kommentaar oortuigend oor te dra, is bitter moeilik. Maar soos gewoonlik het Tobie briljant daarin geslaag.

 

Luan, Ria Smit, Sulette Thompson en Izel