Luister weer na ons argiefdrama, Die Wildsboudjie


Die Wildsboudjie, deur Fritz Steyn 30 Desember  (argiefdrama)

Robert Young

Die lollery begin wanneer Dominee Gompul ongemaklike vrae het oor ‘n wildsboudjie wat spesiaal vir hom voorgesit word. Hy kuier op die plaas van Sarel du Plessis en sy dogter Lettie. Sarel wil die onderwerp van die oorsprong van die wildsboud vermy en probeer elke keer die gesprek in ‘n ander rigting stuur. Want die jagseisoen is toe – en Sarel weet hy is in die moeilikheid as iemand uitvind hy het ‘n bok geskiet. Dan begin die buurman, Abel Potgieter ook vrae vra. En daar is meer geheime as wat dit op die oog af lyk. Wanneer die polisieman ook nou nog opdaag, raak sake net verder deurmekaar.

Die rol van Sarel du Plessis word vertolk deur Dana Niehaus;

sy dogter Lettie is Bettie Kemp,

die Dominee is Kosie Eloff;

die buurman Abel is Hennie Oosthuizen en

Elsa is Janine Pretorius.

Die stemme van Lochner de Kock en Charl van Heyningen kan ook gehoor word.

Die regisseur was Robert Young.

30 Desember om 20:00 op RSG.

Laaste drama van ons 2e seisoen