Luister weer na ‘Die nagbesoekers’ en ‘Boetie kom kuier’


‘n Spesiale ervaring wag op Donderdag 9 Junie op luisteraars wanneer twee dramas in Radioteater uitgesaai word.

Albei is voor ‘n gehoor opgeneem tydens vanjaar se Oppiwater Kunstefeeste.

Weens die inperkings was daar twee van hierdie feeste – een vroeg in Januarie en die ander een vroeg in April.  Tydens hierdie vaarte het die regisseur, Johan Rademan en twee tegnici aan die gehoor gedemonstreer hoe ‘n radiodrama opgevoer word.

Die bekende skrywer, Albert Short se tweepersoonstuk Die Nagbesoekers is in Januarie iewers in die warm Indiese Oseaan tussen Kaapstad en Gqeberha opgeneem. Twee bejaardes wat naby ‘n begraafplaas woon, word toenemend met die dood gekonfronteer en emosies soos aanvaarding en ontkenning word ‘n speelbal tussen die twee.  Maar niemand kan die dood systap nie… Die spelers is Elma Potgieter en Frans Swart.

Twee ou mense wat naby ‘n begraafplaas woon, word toenemend met die dood gekonfronteer. Aanvaarding en ontkenning word aanvanklik ‘n speelbal tussen die twee, maar dan gebeur dít wat geen mens nog kon systap nie… Die akteurs is Elma Potgieter en Frans Swart.

Die tweede drama, wat in April in die Pomene-omgewing van Mosambiek opgeneem is, is die lighartige komedie Boetie kom kuier, deur Thomas van Niekerk.  Dit handel oor misverstande en vooroordele, en het ‘n verrassende ontknoping.   Hierdie drama was een van die inskrywings vir die RSG/Nati Kwartkompetisie.  Die akteurs is Sandra Prinsloo, Frans Swart, Philru van Achterberg en Marissa Claasen.

Hierdie lighartige komedie was deel van die RSG/Nati Kwartkomedie-skryfkompetisie. Hope misverstande, vooroordele en mistasting loop uit ‘n verrassende ontknoping. Die akteurs is Sandra Prinsloo, Frans Swart, Marissa Claasen en Philru van Achterberg.

 

Johan RademanRademan(RSG-regisseur) Elma Potgieter(Cecilia) en Frans Swart(Christiaan) werk aan die teks van Die Nagbesoekers deur Albert Short wat tydens die RSG/Lefra Oppiwaterkunstefees in Januariemaand op die Indiese oseaan regstreeks voor ‘n gehoor opgeneem is.

Elma Potgieter en Frans Swart in Die nagbesoekers word opgeneem, akoesties beheer en van byklanke voorsien deur Cassi Lowers en Kilian Abrahams, beide van RBF in Kaapstad. Die produksie is regstreek voor ‘n gehoor opgeneem tydens die RSG/Lefra Oppiwaterkunstefeesvaart in Januarie op die warm Indiese Oseaan met ‘n aangepaste klankateljee op die verhoog van die MSC Orchestra.

Johan Rademan (regisseur, Boetie kom kuier) Frans Swart, Sandra Prinsloo, Philru van Achterberg.