Matriekhulp op RSG tydens die inperking


Die Coronavirus veroorsaak groot ontwrigting, veral vir leerders en matrikulante. RSG het daarom besluit om hersieningondersteuning aan matrikulante te bied.

Skakel vir die volgende paar weke, vanaf Maandag tot Donderdag om 19:30, in op Kompas op RSG 100 – 104FM.

Die vakke en onderwerpe wat gedek gaan word, is as volg:

DATUM VAK ONDERWERP
WEEK 1
Dinsdag, 31 Maart 2020 Fisiese Wetenskappe Die Doppler-Effek
Woensdag, 01 April 2020 Rekeningkunde Vervaardiging
Donderdag, 02 April 2020 Besigheidstudies Ondernemingsvorme
WEEK 2
Maandag, 06 April 2020 Wiskunde Eksponente & Wortelvorms
Dinsdag, 07 April 2020 Fisiese Wetenskappe Vertikale Projektiel-beweging
Woensdag, 08 April 2020 Rekeningkunde Rekeningkunde van ‘n Maatskappy
Donderdag, 09 April 2020 Besigheidstudies Menslike Hulpbronne
WEEK 3
Maandag, 13 April 2020 Wiskunde Getalpatrone, Rye & Reekse
Dinsdag, 14 April 2020 Fisiese Wetenskappe Kragte & Newton se Wette
Woensdag, 15 April 2020 Rekeningkunde Balansstaat van ‘n Maatskappy
Donderdag, 16 April 2020 Besigheidstudies Onlangse Wetgewing
WEEK 4
Maandag, 20 April 2020 Wiskunde Funksies
Dinsdag, 21 April 2020 Fisiese Wetenskappe Organiese Bindings & Makro-molekule
Woensdag, 22 April 2020 Rekeningkunde Inkomstestaat van ‘n Maatskappy
Donderdag, 23 April 2020 Besigheidstudies Besigheids-strategieë
WEEK 5
Maandag, 27 April 2020 Wiskunde Euklidiese Meetkunde
Dinsdag, 28 April 2020 Fisiese Wetenskappe Die Tempo & Omvang van Reaksies
Woensdag, 29 April 2020 Rekeningkunde Kontantvloeistaat van ‘n Maatskappy
Donderdag, 30 April 2020 Besigheidstudies Professionalisme & Etiek