Mooie Rwanda


Rwanda het ‘n model vir die res van die wêreld geword.

Een van die ergste volksmoorde het 25 jaar gelede in Rwanda plaasgevind. Daar word geraam dat meer as ‘n miljoen mense in 100 dae vermoor is. Die slagoffers was hoofsaaklik Tutsi’s. Vandag kyk die land terug op die gebeure as ‘n tragedie wat die mense byeengebring het om ‘n nuwe nasie te vorm.

Alhoewel Rwanda arm aan minerale en ander kosbare hulpbronne is, en ook in die binneland geleë is, het die mense se wil om ‘n beter bestaan as 25 jaar gelede te lei, gemaak dat hierdie land as ‘n model vir die res van die wêreld geword het.

Terrance April was onlangs deel van ‘n mediagroep wat verskeie toeriste-aantreklikhede in Rwanda besoek het. Hulle het ervaar hoe hard en doelgerig die mense van hierdie land in die Merestreek van Afrika leef.

Die gorillas van Rwanda is baie gewild by toeriste, maar ook by die plaaslike bevolking. By hierdie sentrum vind die seremoniële naamgewing van die pasgebore gorillatjies plaas.

Rwanda, ‘n land in die Merestreek van Afrika spog met uitstaande natuurskoonheid.

Die bevolking van Rwanda is hardwerkend ten spyte van uitdagings soos ‘n baie bergagtige terrein om landbou te beoefen.

Die goue apies van Rwanda is endemies en kom voor in goedbeskemde natuurreservate van Rwanda.

Die oewer van die Kivu meer is indrukwekkend en kan maklik gesien word as ‘n seestrand.

In die Suidooste van Rwanda is die Kivu meer. Dit bevat heelwat eilandjies waarvan sommige bewoon en ander onbewoon is.

Rwanda het 25 jaar gelede een van die ergste volksmoorde in die mens se geskiedenis beleef. Die “Genocide” museum beeld die volkstragedie uit.

Die volksmoord van Rwanda 25 jaar gelede het tot ‘n einde gekom toe n rebellemag die regering van die dag omvergewerp het. Maar die bevrydingstryd het tot groot lewensverlies gelei. Die standbeeld ter ere van soldate wat deel was van die bevrydingspoging, is voor die Volksmoord Museum.