Ontdek Katar


Katar in die Midde-Ooste

Hendrik du Preez is ‘n Suid-Afrikaner wat tans visepresident: kommersieel vir Afrika is van Qatar Airways. Hy het sy tande plaaslike in dié bedryf geslyp waarna hy via Ghana en Kenia na die lugdiens se hoofkantoor in Doha verplaas is.

Johan Rademan gesels met hom teen die agtergrond van die FIFA Wêreldbeker Sokkereindtoernooi wat van 23 Nov tot 18 Des 2022 in Katar plaasvind.

Luister na die gesprek:

 

Brad Habana, broer van Bryan Habana, is werksaam in Doha.

Uit die meer as twee-en-‘n-halfmiljoen inwoners van Katar is slegs 300 000 Kataarse burgers.

Naas Rusland het dié land die tweede grootste gasveld ter wêreld. Dié skiereiland in die Persiese Golf is net 160 km lank en 80 km breed, maar dit is een van die rykste lande in die wêreld.

Sokkeraanhangers weet dat die FIFA Wêreldbekersokker-eindtoernooi later vanjaar daar plaasvind.

Johan Rademan het tydens ‘n besoek aan Doha by die 3-2-1 Olimpiese stadion met Brad Habana gesels. Hy is ‘n Suid-Afrikaner wat as seniorspesialis in die Opperliggaam vir Lewering en Nalatenskap in Doha werk.

Luister na die gesprek:

Doha

Johan is tweede van links in die woestyn.

Soetighede in Doha

Daar word reggemaak vir die Sokker Wêreldbelker in Katar in 2022

Spoorlyne oppad na die middestad van Doha

Tradisionele visserbote in die voorgrond

Binne-in een van die groot winkelsentrums in Katar

Johan met sy Palestynse Saleh in Doha

Behuising in Doha

Huis in Doha

Strand in Katar

Strand in Katar

Die metro in Doha