fbpx

Begin typing your search above and press return to search. Press Esc to cancel.

Nierversaking: Nuwe middel, Covid en dialiselyste


Nierversaking kan jou so stilweg bekruip dat jy dit eers agterkom as jy skaars 10 tot 20 persent van jou nierfunksie oor het. Dan is dialise en ‘n nieroorplanting al uitweg.

Nierversaking kan met ’n nuwe middel vertraag word, vertel ’n nefroloog. Ons kyk oor na die effek van Covid op pasiënte met nierversaking en dat tot 85% van staatspasiënte met nierversaking geen plek kry op beperkte dialise-lyste is nie.

Mari Hudson gesels met nefroloog Dr Johan Nel, in die laaste van 2 aflewerings oor nierversaking, die siekte wat jou so stilweg kan bekruip, en dikwels so laat opgespoor word dat slegs dialise en ’n nieroorplanting jou lewe kan red.

Luister Woensdag om 11:30  na Gesondheid op RSG.

 

Luister ook: Nierversaking episode 1

Mari Hudson gesels met Dr Johan Nel, ‘n Tygerbergse nefroloog in die eerste van 2 aflewerings oor nierversaking.

Woensdag 24 Nov 2021

Luister na die eerste aflewering oor nierversaking, waarin gekyk word na die oorsake, simptome, opsporing en behandeling en na periotoneale en hemodialise en nieroorplantings.

Wat weet jy van jou niere?

Kidney male anatomy posterior x-ray view

Ons het enkele nierfeite, en skakels na programme oor nierfunksie, nierstene en nierdialise vir jou bymekaar gesit.

7 Kitsfeite oor jou niere

Het jy geweet:

  1. dat een uit 10 volwassenes aan nierprobleme ly?
  2. dat jy 90% van jou nierfunksie kan verloor voordat jy simptome ontwikkel en jy dit agterkom en dat dit dan te laat is om jou nierfunksie te herwin?
  3. dat jy sonder een nier kan lewe, maar beslis nie sonder albei jou niere nie, buiten as jy sowat drie keer week ure lank nierdialise ondergaan?
  4. dat die niere ‘n ingewikkelde maar baie doeltreffende filtreerorgaan is en noodsaaklik is in die regulering van bloeddruk, bloedvolume, pH-vlakke, natrium- en kaliumbalanse, uitskei van toksiese stowwe via die urine en urienproduksie?
  5. dat teenwoordigheid van glukose, proteine of bakterie in die urine direkte aanduiders is van diabetes, nierwanfunksie en infeksie in die niere, blaas of urienweë?
  6. dat diabetes, nierskade, hoë bloeddruk en hartsiektes in verband staan met mekaar?
  7. dat as jy ‘n nier aan ‘n familielid wil skenk, jou nier met sleutelgatchirurgie (‘n klein snit in die bikini-lyn) verwyder kan word sodat jy vinnig kan herstel.

13702879_sNierprobleme in Suid-Afrika: skoksyfers
Elke week sterf die ekwivalent van twee vliegtuie se passasiers in Suid-Afrika omdat daar nie voldoende skenkerniere vir nieroorplantings beskikbaar is nie,” maan prof. Rafique Moosa, hoof van die Department van Interne Geneeskunde aan Stellenbosch Universiteit se Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

  • ‘n Tekort aan opgeleide gesondheidspersoneel in Suid-Afrika – Suid-Afrika het tans net 1.1 nierspesialiste (nefroloë) vir elke miljoen mense.
  • Ongelykhede in nier-eenhede tussen ryk en arm, en stedelike en plattelandse gebiede.
  • ‘n Tekort aan geld en die hoë koste van nierdialise  shortage – behandeling kos R200,000 per pasiënt per jaar.
  • Die klein getalle orgaanskenkers in Suid-Afrika – slegs 4.7 uit elke miljoen Suid-Afrikaners is orgaanskenkers.

 

Lees en luister ook:

Hart- en nierversaking kan met diabetesmiddel verminder word

Niersiektes kan jou stadig bekruip

Nierstene; sleutelgat-nieroperasie