Hart- en nierversaking kan met diabetesmiddel verminder word


Meer as 60 miljoen mense in die wêreld ly aan hartversaking. Meer as 30 miljoen gaan binne 5 jaar sterf. Nuwe generasie diabetesmiddels kan nou in die behandeling van hartversaking en in nierversaking ingespan word.

In deel 3 van die reeks oor Diabetes, nuwe middels en hartpropbleme, gesels Mari Hudson met dr Marius Wasserfall,  ’n internis, oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes en ook in die behandeling van hartversaking en nierversaking.

Die middels is Jardiance en Forxiga.

Luister Woensdag 3 November om 11:30 na Gesondheid op RSG.

 

Deel 2
Nuwer diabetes middels kan hartversaking voorkom en agteruitgang van nierversaking stop.
In deel 2 van die reeks oor Diabetes, nuwe middels en hartpropbleme, gesels Mari Hudson met dr Marius Wasserfall,  ’n internis, oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes.

Deel 1
Een van die grootste probleme met Tipe 2 diabetes is die voorkoming van komplikasies soos hartversaking en nierversaking.
Nuwe middels is nou beskikbaar wat ’n rol kan speel om Tipe 2 diabete langer en gesonder te laat lewe.
Mari Hudson praat met dr Marius Wasserfall,  ’n internis, oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes.

Luister na ander onlangse programme oor diabetes:

Lang Covid: Covid kan tot diabetes lei

Diabetes – Neem kennis van die Groot D