Ons open nuwe radioteater-seisoen met eenvrou-komedie ‘Holmruggery’


Selfs Marion Holm het na ’n jaar en ’n half weinig rondom haar kon sien om oor te lag. Toe besluit sy om in die verlede te gaan krap en daar laggoed te gaan soek. Want die hemele weet, lag moet ons nou lag.

Só het dit gekom dat sy stories van lank terug gebruik en op ’n nuwe manier inspan in die vertoning HOLMRUGGERY om ons verligting te bring in ’n tyd wat dit voel die ellende verswelg ons. Maar dit sal nie!! Want ons het die heel beste teenfoeter: LAG. Hierdie vertoning het werklik niks anders ten doel as om jou net te laat ontspan en lag nie. Niks lewenslessies of diepsinnige denke nie.

Die regisseur is Johan Rademan, en Marion Holm is die skrywer en speler. Tegniese en akoestiese versorging is deur Cassi Lowers.

Hier is ‘n voorsmakie van wat op jou wag:

 

Johan Rademan en Marion Holm

Luister na die volledige drama:
Marion Holm se loopbaan het weens die Covid-pandemie skielik tot ‘n einde gekom. Soos talle ander kunstenaars is sy deesdae weer volstoom aan die arbei en spin. Haar ervaring hiervan is vasgevang in ’n eenvrouvertoning. Dis ‘n intieme kykie in haar lewe voor, tydens en ná die pandemie.

Johan Rademan, Marion Holm en Cassi Lowres (tegniese en akoestiese versorging is deur Cassi Lowers)

Marion Holm in aksie

Lees ook:

Ons 2e Radiodrama-seisoen begin op 5 Oktober