Luister na dié dramas Donderdagaand en in November


Ons radioteater seisoen het in Oktober afgeskop, en in November duur die stories voort.

Luister vanaand na Die stomme Moses, die komiese radiodrama deur Albert Short.

Luister Donderdagaand na komiese drama deur Albert Short

 

Van die hoogtpunte wat nog op jou wag, sluit in ‘n radioverwerking van die verhoogstuk Voor ek vergeet met Hannes van Wyk en Amanda Strydom asook dramas deur finaliste van die RSG radiodramaskryfkompetisie. Ander nuweling-skrywers sluit in Karen Wessels, Luan Jacobs, Casper Lourens en Henry Jacobs.

Luister in November na die volgende dramas:

Besoek ons RSG Facebook- en Instagram-bladsye vir ‘n blik agter die skerms, en skakel elke Donderdag om 16:15 in op RSG vir ‘n voorsmakie van daardie aand se vertoning.

RSG Radioteater, elke Donderdag om 20:00.📻

Nr Datum Titel Skrywer Regisseur
4 26 Okt Die stomme Moses Albert Short (K) Frieda van den Heever
5 02 Nov Tiener in die suburbs
Laat Luan Jacobs jou met hierdie alternatiewe drama meevoer. Hierdie verhaal en teks is eksperimenteel en fokus sterk op klank-effekte om karakters op ‘n unieke wyse na vore te bring. Ons nooi spesifiek tieners om in te skakel.
Luan Jacobs (G) Leon van Nierop
6 09 Nov Soete Drome
Vir die romantiese siele het ons ‘n liefdesverhaal belaai met drama. Karen Wessels skryf uit die oogpunt van die heldin en ‘n avontuur in die korporatiewe finansiële wêreld ontvou waar sy onverwags liefde vind. Sy het geheime, maar alles sal onthul word.
Karen Wessels (G) Renske Jacobs
7 16 Nov Lank lewe die Keiser
(2022 finalis)
Maria Vos bring ons ‘n “whodunit”-verhaal. ‘n Paar akteurs bevind hulleself in ‘n teater met een lyk, baie motiewe, en hulle is toegesluit in die teater… Dit sal jou vasgenael hou!
Maria Vos (K) Joanie Combrink
8 23 Nov Voor ek vergeet
(Verhoogteks)
Jy het dalk die stuk in die teater gesien met Hannes van Wyk en Amanda Strydom in die hoofrolle. Hulle het saam agter die mikrofoon ingeskuif om hierdie hartverskeurende storie van ‘n ma en seun wat verskeie uitdagings in hulle lewens ervaar, te vertel. Familieverhoudings is soms uitdagend, maar uiteindelik is familie al wat ons het.
Karen Marx
(Eben Cruywagen verwerk)
(G) Christelle Webb-Joubert
9 30 Nov Geldjie asseblief
(Verhoogteks)
Hierdie produksie het in 2018 die beste kampus-teaterproduksie by die NWU Kampustoneel gewen. Dit is geskryf deur Casper Lourens en Henry Jacobs. Casper het sy loopbaan in radio by RSG begin toe hy in die reeks “Ratels” gespeel het. Hierdie storie ondersoek die lewens van drie boemelaars. Dit is ‘n verhaal met ‘n hart en word vertel met ‘n lag en ‘n traan.
Casper Lourens en
Henry Jacobs
(G) Luan Jacobs
10 7 Des Die belofte Paula Hartzenberg (K) Anrich Herbst
11 14 Des Nols D’Amus
(2022 finalis)
Hendie Grobbelaar (G) Ina Strydom
12 21 Des Die skuldige is Eleanor Lombard (K) Amor Tredoux
13 28 Des Argief – Mike & Mavis
(2018, 2020)

Wilson Dunster en Elize Cawood

Wessel Pretorius Gerrit Schoonhoven