Onwettige plakkers tydens Inperking: Raad vir dorpe/Stede


Dorpe en munisipaliteite se hande is nie afgekap as dit by die verwydering van onwettige grondbesetters kom nie. Vroeë optrede, aanpassings in munisipale regulasies om die Paai-wetgewing se gapings te ondervang, en vroegtydige beplanning is deel van die oplossing. ’n Nuwe behuisings-aanslag is ook nodig om dorpe meer funksionerend te maak.

Luister Saterdagoggend kort na die 11 uur nuus na Deel 2 van die gesprek in My Mooi Dorp op RSG.
Dit word aangebied deur Marí Hudson.

Deel 1

Onder huidige Ramptoestandmaatrëels wat al 18 maande van krag is, is die verwydering van onwettige plakkerstrukture ’n groter kopseer as ooit. Maar Munisipaliteite en stadsrade se hande is nie afgekap nie. Ons het gaan vasstel wat ’n dorp of stad kan doen, en dat hoe gouer opgetree word, des te beter.

Luister Saterdagoggend kort na die 11 uur nuus na My Mooi Dorp op RSG.
Dit word aangebied deur Marí Hudson.

Luister na Deel 1 van die gesprek:

Stand van dorpe en stede in SA:

Monitor 1 Oktober: Ons fokus op dienslewering, wat een van die verkiesing se belangrikste vraagstukke is.

Luister:

Oplossings

Lees meer oor die PIEUOL wetgewing:
https://www.gov.za/documents/prevention-illegal-eviction-and-unlawful-occupation-land-act

Hier is die aanpassing wat Stad Kaapstad gemaak het op die wetgewing:
https://www.gov.za/documents/prevention-illegal-eviction-and-unlawful-occupation-land-act