Ons bied weer spesiale programme op Goeie Vrydag aan


Ons bied weer ‘n reeks spesiale programme aan op Goeie Vrydag 15 April 2022.

Hier is meer inligting oor ons Goeie Vrydag-skedule

15 April 2022

06:00 – 06:10         Nuus en weer

06:10 – 07:00         Oggendstemming

07:00 – 07:05         Nuus

07:05 – 08:00         Monitor

08:00 – 08:05         Nuus

08:05 – 08:55         Loof die Here

09:00 – 09:40         Paasdiens

09:40 – 10:00         Musiektussenspel

10:00 – 10:05         Nuus

10:05 – 10:30         Vers en klank

10:30 – 10:55         Kortom

11:00 – 11:05         Nuus

11:05 – 12:00         Joernaalprogram. TWAALF VREEMDELINGE  deur Lizelle de Bruin
Lizelle de Bruin praat met dr. Andries Cilliers van die Drieankerbaai-gemeente in Kaapstad oor die twaalf vreemdelinge wat Jesus gekies het om sy dissipels te wees. Twaalf mense wat niemand anders sou gekies het om die wêreld te verander nie. Hulle gesels ook oor die vroue in Jesus se lewe, en wat die Kruisgebeure vir ons beteken.

12:00 – 13:00         Simfoniekonsert. Die klankopname van die Czerny Nonet word op 15 April (Goeie Vrydag) in ’n spesiale uitsending, deur RSG uitgesaai, tesame met Schubert se welbekende Forelle Kwintet. Om die Czerny Nonet op die planke te plaas, is reeds sedert 2003 ’n droom van Willem Vogel, Artistieke Direkteur van Salon Music. So het hy toevallig in 2021 op die Petruccci webwerf op die transkripsie van die partituur afgekom en met befondsing van die Rupert Musiek Stigting en samewerking met Radio sonder Grense, ’n klank en video opname van stapel gestuur in die M1A ateljee by die SAUK. Nege top SA musici is ingespan hiervoor. Peter Cartwright (klavier), Carli d’Alebout (viool 1), Christopher Evans (viool 2), Ken Craig (altviool), Wernd van Staden (tjello), Jurgens de Lange (kontrabas), Lizet Smit (klarinet) Johan Ferreira (Engelse Horing) en Esther Watkinson (fagot). Die klankopname is behartig deur Frik Wallis en die multi-kamera video opname deur die Artmusic.TV kameraspan onder die regie van Willem Vogel. Lees meer.

13:00 – 13:05         Nuus

13:05 – 13:30         Simfoniekonsert gaan voort

13:30 – 14:00         Wie is ek:  Hoe identifiseer ek met my kultuur se paasdagvieringe? Ons emosies word direk gekoppel aan ons geestesgesondheid, maar ook aan ons fisieke gesondheid. Woede, bitterheid, en gedgates van wraak het die potensiaal om ‘n persoon se lewe oor te neem. Om iemand te vergewe beteken nie dat jy die skade wat jou aangerig is, vergeet of verskoon nie. Vergifnis bring ‘n soort vrede wat jou help om aan te gaan met jou lewe, met of sonder die persoon/persone daarin. Die proses van vergifnis kan selfs lei tot gevoelens van begrip, empatie en selfs deernis vir die betrokke partye, maar ook met jouself. Maar dit is makliker gesê as gedaan. So kom vind uit hoe, en hoekom vergifnis ‘n kardinale rol speel in die proses van mooi na jouself kyk. Dit alles in Goeie Vrydag se episode van Wie is ek?

14:00 – 15:00         Radioteater. WAAROM, HERE? deur  Joey van Niekerk. Die drama vertel die verhaal van Saggeus, die tollenaar.  Hy was in jy jeug opstandig omdat hy nie kon deel hê in die voorspoed en rykdom wat regeringsgesindes te beurt geval het nie. Toe word hy ‘n tollenaar, en word ryk en magtig. Toe hy Jesus van Nasaret een dag ontmoet, verander sy lewe. Met Luan Jacobs, Jakkie Groenewald, Estel de Beer en Johny Klein.

15:00 – 16:00         Klassieke musiekprogram. DIE REQUIEM deur Terrance April
Die dodemis, ook bekend as die REQUIEM speel ‘n belangrike rol tydens Paasfees. Terrance April kyk na die ontwikkeling en betekenis van dié musiekwerk, met gepaste musiek ter inkleding. Hierdie program word tydens die sterwensuur (15:00) uitgesaai.

16:00 – 16:05         Nuus

16:05 – 17:00         Spesiale gespreksprogram – die lyding van Jesus. Ons praat dikwels oor die lyding van Jesus wat uitgeloop het op sy kruisiging op Golgota. Maar wat behels daardie lyding prakties? In dié program gesels Flip Loots met ‘n geneesheer, ‘n sielkundige en ‘n teoloog oor hoedanig Jesus se lyding moes wees met betrekking tot sy liggaam, sy gees en emosies, en sy belewenis van verwerping deur sy eie kerkmense.

17:00 – 18:00         Dis Gospel

18:00 – 18:10         Nuus en weer

18:10 – 18:55         Musiek

19:00 – 19:05         Nuus

19:05 – 19:15         Aandboekvoorlesing

19:15 – 19:20         Aandgedagte

19:20 – 19:30         Kinderstorie

19:30 – 20:00         Kompas

20:00 – 21:00         Oppiradio

21:00 – 21:10         Nuus en weer

21:10 – 21:20         Aanboekvoorlesing

21:20 – 22:10         Musiek sonder grense

22:10 – 23:00         Tjil

23:00 – 23:10         Nuus en weer

23:10 – 00:00         Laataandkuier